Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak baas in geskiedkundige stryd

Novak Djokovic het Dinsdag sy Franse Ope-veldtog begin met ’n oorwinning in die eerste manswedstryd wat in die laat-sessie onder ligte op Roland Garros beslis is.

Novak Djokovic was Dinsdagaand nie juis mal daaroor om sonder toeskouers te speel nie. Foto: Getty Images

Die Serwiese wêreldnommereen het Tennys Sandgren van die VSA met 6-2, 6-4, 6-2 geklop.

Geen toeskouers word by die aandsessies, ’n nuutjie by die toernooi, toegelaat nie omdat ’n klokreël van negeuur nog in Parys geld.

Djokovic poog om sy 19de Grand Slam-titel te verower. Sy enigste sege by Roland Garros tot dusver was in 2016.

Hy kom volgende teen Pablo Cuevas van Uruguay te staan op pad na ’n moontlike ontmoeting in die halfeindronde met Rafael Nadal, wenner van ’n rekord- 13 titels op die klei in Parys.

Hoewel hy dit waardeer het om deel te wees van die eerste manswedstryd in die aandsessie by Roland Garros, sê Djokovic hy sou verkies om voor toeskouers te speel, soos die geval was verlede week met sy sege in Belgrado.

“Ek voel geërd om die eerste manswedstryd in die aandsessie by Roland Garros te speel. Dit was baie interessant, om die minste te sê. Ek het van die toestande gehou en die wyse waarop ek gespeel het, hoe ek beweeg het, hoe ek gevoel het, alles het nogal goed uitgedraai,” sê hy.

“Maar dit was verskriklik stil. Met toeskouers kon dit die perfekte scenario gewees het, maar hopelik is dit my laaste wedstryd sonder toeskouers by die toernooi.”

– Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.