Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak Djokovic bobaas in Japanse Ope

Novak Djokovic, die wêreld se voorste manstennisspeler, het Sondag sy eerste titel in die Japanse Ope gewen en die 76ste van sy loopbaan. Hy het in die eindstryd ’n oortuigende oorwinning van 6-3, 6-2 oor die Australiër John Millman behaal.

Dit was ’n triomfantelike terugkeer na die baan vir Djokovic, wat hom in die Amerikaanse Ope weens ’n skouerbesering moes onttrek.

Novak Djokovic het Sondag die Japanse Ope in Tokio gewen.Foto: Getty Images

Die 32-jarige Serwiër, die eerste gekeurde, het net 69 minute nodig gehad om met Millman klaar te speel. Hy het die toernooi gewen sonder om ’n stel af te staan.

“Dit was in alle aspekte ’n goeie week. Ek het goed gevoel op die baan. Ek het nie ’n stel verloor nie en goed afgeslaan,” sê Djokovic.

Millman was nie opgewasse vir Djokovic nie, wat 23 wenhoue gemoker het en agt van 12 punte by die net gewen het.

Die 30-jarige Aussie het agterna gesê hy hoop die wêreld besef nou hóé goed Djokovic is.

“Jy is ’n ware kampioen en iemand wat vir altyd onthou sal word.

“Jy is besig om ’n nalatenskap op te bou wat daar sal wees lank nadat jy ophou speel het,” sê Millman.

Djokovic het reeds gekwalifiseer vir die ATP-eindtoernooi volgende maand in Londen. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Tokio  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.