Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak en Rafa kan kompetisie verwag

Novak Djokovic en Rafael Nadal het al swaarde gekruis in drie eindstryde in die Monte Carlo-meesterstoernooi en as dinge volgens die loting verloop, kan dit vanjaar weer die geval wees.

Novak Djokovic Sondag op die oefenbaan by die Monte Carlo-buiteklub. Foto: Getty Images

Djokovic is eerste gekeur vir die kleibaantoernooi, wat Maandag begin. Dit sal die Serwiër se eerste mededingende wedstryd wees sedert hy in Februarie sy negende titel in die Australiese Ope gewen het.

Nadal, wat ook nie sedert Melbourne gespeel het nie, is die derde gekeurde, wat dit moontlik maak dat hulle soos in 2009, 2012 en 2013 mekaar in die eindstryd kan ontmoet.

Djokovic was bobaas in Monte Carlo in 2013 en 2015. Hy kan nie nou al sy kop breek oor die vooruitsig van ’n stryd teen Nadal nie, want hy het onmiddellike taai uitdagings.

Die Serwiër sal in sy eerste wedstryd te staan kom teen Jannik Sinner, die naaswenner in die Miami Ope, of die Spanjaard Albert Ramos-Vinolas.

Djokovic het nog nooit teen die 19-jarige Sinner te staan gekom nie, maar was al ses keer aan die wenkant teen Ramos-Vinolas.

In dieselfde kant van die loting as Djokovic is Hubert Hurkacz, die Miami-kampioen. Die Pool het ’n paar dae gelede sy eerste groot titel gewen en op pad na die titel onder andere met Alexander Zverev, David Goffin en Sinner afgereken.

Nadal, ’n elfmalige kampioen in Monte Carlo, begin sy aanslag teen die Fransman Adrian Mannarino of ’n kwalifiseerder.

Nadal se laaste titel in Monte Carlo was in 2018 toe hy Kei Nishikori geklop het.

In Nadal se deel van die loting is Daniil Medvedev, die tweede gekeurde, Andrey Rublev, Roberto Bautista Agut en Grigor Dimitrov.

Medvedev is goed op dreef en mik na sy eerste groot titel in ’n kleibaantoernooi.

Medvedev het twee jaar gelede ’n opskudding veroorsaak toe hy Djokovic geklop het en eindelik die halfeindronde gehaal het.

Die Rus kan in die derde ronde teen Fabio Fognini, die verdedigende kampioen, te staan kom.

Fognini het in 2019 op pad na sy titel met Alexander Zverev en Nadal afgereken. – atptour.com

TV: Maandag vanaf 11:00 (SS 201, 214).

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Rafael Nadal  |  Monte Carlo-Meesters  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.