Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak gee raket aan seun wat hom ‘afrig’
Novak Djokovic poseer Maandag met sy trofee met die Eiffeltoring in die agtergrond. Foto: AP

Novak Djokovic verlaat Parys Maandag met sy tweede Roland Garros-titel. Daarom sal een gelukkige aanhanger met ’n aandenking van ’n leeftyd huis toe gaan.

Nadat Djokovic Stefanos Tsitsipas Sondagaand in ’n skitterende eindstryd in vyf stelle geklop het, het hy sy raket aan ’n seun in die paviljoen gegee. Hy kon nie sy oë glo nie.

Dié oomblik word wyd op sosiale media gedeel.

Djokovic sê hy ken nie die seun nie, maar is verheug dat hy sy dag kon maak. Daar was ’n rede dat die Serwiër hom gekies het.

Novak Djokovic stap nader en gee sy raket, waarmee hy pas die Franse Ope ’n tweede keer gewen het, aan ’n seun wat hom luidkeels ondersteun het. Foto: Getty Images

“Ek kon hom die hele tyd hoor, veral toe ek met twee stelle agtergeloop het. Hy het my heeltyd aangemoedig,” sê Djokovic.

“Hy het my raad met taktiek gegee. Hy het gesê ‘hou jou afslaan, kry ’n vinnige eerste bal, dikteer dan spel, gaan na sy handrug’. Hy het my letterlik afgerig.”

Die Serwiër, die nommereen-speler in die wêreld, het die sesde speler in die ope-era geword wat in ’n Grand Slam-eindstryd ’n agterstand van twee stelle uitwis en wen.

Hy’s ook die eerste speler in die ope-era wat met minstens twee oorwinnings in elke Grand Slam-toernooi spog.

“Ek het gedink die seun se aanmoediging was oulik. Hy was die beste een om die raket te kry,” het Djokovic gesê.

“Dit was om dankie te sê dat hy my ondersteun en by my gestaan het.”

Die seun is in ekstase. Foto: Getty Images

Die voormalige speler John McEnroe, wat ’n TV-kommentator in Parys was, het in die jong seun se opwinding gedeel.

“Hy is uiters opgewonde. Laat hy (Djokovic) dit (die raket) sommer teken. Inspireer hom om op die baan te gaan en te oefen. Hy gaan met daardie raket slaap,” het McEnroe gesê. – atptour.com

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.