Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak lag-lag deur tot 2de ronde

Die wêreld se voorste manspeler, Novak Djokovic, het Dinsdag met ’n breë glimlag van Roland Garros se Philippe Chatrier-baan gestap nadat hy sy Franse Ope-veldtog op klinkende wyse begin het.

Novak Djokovic bal sy vuis ná ’n gemaklike oorwinning in die eerste ronde van die Franse Ope. Foto: Reuters

Djokovic het net 98 minute nodig gehad om die Mikael Ymer van Swede met 6-0, 6-2, 6-3 uit te knikker. Die Serwiër het agterna gespot dat hy die Sweed miskien met minder valhoue kon geteister het, maar daar was werklik geen rede om sy taktiek op die dag te bevraagteken nie.

Die laaste keer wat Djokovic op die Grand Slam-verhoog was, was natuurlik op daardie Sondag toe hy op opspraakwekkende wyse in die Amerikaanse Ope gediskwalifiseer is.

Sedertdien het hy die Italiaanse Ope gewen en baie tuis geraak op Europa se rooi klei, en dit skynbaar reggekry om sy New York-nagmerrie agter hom te sit.

Die arme Ymer was Dinsdag bloot in die pad van ’n man op ’n missie. Djokovic het 32 wenhoue oor die net gelanseer en nege keer op die Sweed se afslaan deurgebreek. Daar was nêrens vir Ymer om weg te kruip nie terwyl Djokovic hom met brute krag en balle na alle hoeke van die baan moedeloos gespeel het.

Die Serwiër het nou 32 oorwinnings in hierdie vreemde 2020 behaal, met sy enigste nederlaag daardie omstrede een in New York, toe hy ’n lynregter in die vierde ronde van die Amerikaanse Ope raakgeslaan het.

Djokovic se volgende teenstander is Ricardas Berankis van Letland wat Dinsdag met 6-1, 6-4, 6-4 met Hugo Dellien van Bolivië klaargespeel het.

UITSLAE

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.