Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak oor pa se omstrede uitlatings

Novak Djokovic, die wêreld se voorste tennisspeler, het in die bres getree vir Srdjan Djokovic ná sy pa se onlangse omstrede uitlatings oor Roger Federer, maar erken hy stem nie altyd saam met hom nie.

Novak Djokovic en sy omstrede pa, Srdjan. Foto: Getty Images

Srdjan het die afgelope tyd ’n paar vurige onderhoude aan die media in Serwië toegestaan waarin hy gewaagde bewerings oor sy seun se teenstanders maak.

Hy het onder meer gesê Federer “is nie ’n goeie persoon nie” en dat die Switserse legende Novak “verbaal aangeval” het toe die wêreldnommereen destyds 15 jaar oud was.

Srdjan het hom ook uitgelaat oor sy seun se diskwalifisering in die Amerikaanse Ope en meen dit was ’n produk van ’n bevooroordeelde agenda teenoor Novak. Hy voer aan sy seun word anders behandel as Federer en Rafael Nadal – al het hulle hulself nooit voorheen in ’n soortgelyke situasie bevind nie.

Novak erken selfs hy sukkel soms om met Srdjan se menings saam te stem, maar daar is nie veel wat hy aan sy pa se reg om homself uit te druk, kan doen nie.

“Ek is lief vir hom, hy is een van my grootste ondersteuners,” sê die wenner van 18 Grand Slam-titels.

“Ek kan nie beheer wat hy kwytraak nie, almal het die reg om hul menings te lug, maar ek stem nie altyd saam met alles wat hy sê nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Srdjan Djokovic  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.