Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak se broer erken Rafa is sy held

Djordje Djokovic sê Rafael Nadal was altyd een van sy helde en dat hy “gereeld moulose hemde en kniebroeke gedra het” soortgelyk aan die Spaanse tennisster se uitrustings.

Djordje Djokovic (links) speel saam met sy broer, Novak, in die Chinese Ope in 2015. Foto: Getty Images

Die 25-jarige Serwiër is die jonger broer van die wêreldnommereen, Novak Djokovic, en toernooidirekteur van die Serwiese Ope, ’n ATP 250-byeenkoms.

“Ek het ’n klompie goeie herinneringe van Nadal. Novak het ons in 2006 in Monte Carlo aan mekaar voorgestel,” sê Djordje.

“Ek het destyds op ’n keer in die spelers se ruskamer gesit toe Nadal die vertrek binnekom. Jy moet in gedagte hou dat hy een van my helde was. Ek het gereeld moulose hemde en kniebroeke gedra, net soos syne.

“Daar was ’n pinball-masjien in die vertrek: Nie een van ons se Engels was in daardie stadium baie goed nie, maar hy het my gevra om saam met hom te speel. Ons het, en my hart het oorgeloop! Ek het hom geklop, so hy het die masjien laggend geskop, maar my daarna omhels.

“Sedertdien gesels ons lekker saam wanneer ons mekaar raakloop. Dit is ’n wonderlike eienskap, om jou soos Rafa te gedra, hy is werklik ’n gawe persoon.”

Djordje het ook vir ’n wyle beroepstennis beoefen en het sy laaste mededingende toernooi in ’n ITF-byeenkoms in November 2017 gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.