Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak sê Italiaanse Ope was doepa

Novak Djokovic, die nuwe gekroonde Italiaanse Ope-kampioen, sê om so gou nadat hy gediskwalifiseer is uit die Amerikaanse Ope weer in ’n toernooi te kon speel, het hom baie gehelp om aan te beweeg ná die veelbesproke voorval.

Novak Djokovic met sy trofee nadat hy Maandag die Italiaanse Ope in Rome gewen het. Foto: Reuters

Die wêreld se voorste speler is kwaai gekritiseer by Flushing Meadows (nadat hy ’n bal in woede weggeslaan en ’n lynregter teen die keel getref het) en hy erken hy het dae lank nagedink oor alles.

Hy het verlede week in Rome teruggekeer na die baan en Maandag sy 36ste ATP-meesterstitel gewen deur die Argentyn Diego Schwartzmann met 7-5, 6-3 in die eindstryd te verslaan.

“Ek was sielkundig op ’n wipwaentjierit in die vier of vyf dae nadat dit gebeur het,” sê hy oor die voorval in New York.

“Ek was uiteraard in skok, maar ek het aanbeweeg. Ek het nog nooit ’n probleem gehad om aan te beweeg, ongeag hoe moeilik die situasie was nie.

“Om so gou daarna weer ’n toernooi te gehad het, het egter baie gehelp en dit was nodig vir my om weer op die baan te kon wees.”

Djokovic het reeds vanjaar 31 van sy 32 wedstryde gewen, maar sê hy sal sy spelpeil moet verbeter om aanspraak te maak by die Franse Ope, wat Sondag in Parys begin.

“Ek dink nie ek het my beste tennis (in Rome) gespeel nie. Ek wil nie arrogant klink nie en is baie dankbaar om die toernooi te kon wen. Ek weet egter ek kan nog na ’n paar hoër ratte oorskakel,” sê hy.

“Hopelik sal ek dit kan doen vir die Franse Ope, want dit sal nodig wees as ek tot in die eindstryd wil vorder.”

Rafael Nadal, die Roland Garros-kampioen, is deur Schwartzmann verras in die kwarteindronde in Rome, maar Djokovic glo die Spanjaard gaan op sy beste wees in Parys.

“Hy is die speler met die beste kans om die eindstryd te haal. Wanneer dit by Roland Garros kom, verwed jy nie geld teen Rafa nie,” sê Djokovic. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.