Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak sê ja vir Amerikaanse Ope
Novak Djokovic het besluit om eersdaags in New York op die tennisbaan stap. Foto: Getty Images

Moenie bekommerd wees nie, ek kom na New York toe.

Novak Djokovic, die wêreld se voorste manspeler, het Donderdag bevestig hy sal later vandeesmaand in New York aan die Amerikaanse Ope-tennistoernooi en die voorafgaande Western & Southern-ope deelneem.

Die Serwiër se besluit is goeie nuus vir die organiseerders van dié Grand Slam-tennistoernooi nadat verskeie top-spelers gesê het hulle gaan weens Covid-19-vrese nie deelneem nie.

Djokovic se besluit is wel ’n ommeswaai ná sy woorde in Junie dat sy Ope-deelname “onmoontlik” sal wees weens “ekstreme Covid-19-protokolle” vir die toernooi op Flushing Meadows.

Die 33-jarige Serwiër het Donderdag gesê hy is “gelukkig om te kan bevestig hy sal deelneem”.

“Met al die hindernisse en uitdagings was dit nie ’n maklike besluit nie. Die vooruitsig om weer deel te neem, maak my egter baie opgewonde.

“Ek besef dit sal ’n ander soort ervaring wees met al die protokolle en veiligheidsmaatreëls om die spelers en die inwoners van New York te beskerm,” het Djokovic gesê.

Hy, Grigor Dimitrov, Viktor Troicki en Borna Coric was in Junie positief getoets vir die koronavirus nadat hulle aan sy Adria-vertoonreeks in Serwië en Kroasië deelgeneem het.

Djokovic het egter herstel en onlangs in Belgrado en Marbella, Spanje, weer begin oefen.

“Ek en my span het hard geoefen om my liggaam weer in toptoestand te kry. Ek is gereed om by nuwe toestande aan te pas.

“Ek het al my opvolgbesoeke gedoen om seker te maak ek het volkome herstel en ek is ten volle toegewyd om my beste tennis te speel,” het Djokovic gesê.

Hy het gesê hy het waardering vir almal se harde werk en tyd om die toernooie te reël sodat spelers weer kan ‘werk’.”

Die Amerikaanse Ope, wat op 31 Augustus begin, is die eerste Grand Slam-toernooi wat sal plaasvind sedert die Covid-19-pandemie die sportwêreld op sy kop gekeer het.

Die Western & Southern-ope is van Cincinnati na New York geskuif en begin die 20ste sodat spelers wedstrydtyd kan kry.

Rafael Nadal, Stan Wawrinka, Nick Kyrgios, Svetlana Kuznetsova, Ashleigh Barty, Elina Svitolina en Kiki Bertens is enkele spelers wat nié vanjaar aan die Amerikaanse Ope sal deelneem nie. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.