Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak vra skeidsregter om verskoning
Novak Djokovic vandeesweek in aksie in die Italiaanse Ope. Foto: Getty Images

Die eerste gekeurde Novak Djokovic het om verskoning gevra vir sy uitbarsting teenoor ’n skeidsregter vroeër die week in die Italiaanse Ope.

Lees ook: Novak skreeu op skeidsregter in reën in Rome

Die voorval het plaasgevind in sy kragmeting met Taylor Fritz in die tweede ronde. Djokovic was omgekrap dat hulle in die reën moes speel en het op Nacho Forcadell, die skeidsregter, geskree: “How much more you wanna play?”

Die spel is tydelik gestaak en Djokovic het ná die wedstryd gaan jammer sê.

Djokovic het in ’n onderhoud oor die voorval op Tennis Channel gesê dat hy soms sy humeur verloor.

“Ek raak gefrustreerd. Ek sou nie sê dit gebeur maklik nie, maar soos almal anders is ek maar net ’n mens en het ek ook emosies,” sê hy.

“Ek is nie trots daarop nie. Soms is ek skaam daaroor. Ek het geen probleem daarmee om te sê dat ek jammer is nie. Dit was onnodig en was nie mooi van my om op die skeidsregter te skree nie.”

Djokovic sê hy weet nie of Forcadell hom vergewe het nie.

“Hy het nie te geamuseerd gelyk toe ek met hom gepraat het nie,” sê hy.

“Jy moet aanbeweeg en jou swak punte aanvaar. Soos almal anders het ek ook swak punte. Dis belangrik om jouself eerste te vergewe en jou lesse te leer.” – TeamTalk

Meer oor:  Skeidsregter  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Rome  |  Verskoning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.