Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Fed goeie kampioen, nie goeie mens’

Novak Djokovic se pa, Srdjan, draai nie doekies om as dit kom by Roger Federer nie en sê die wenner van 20 Grand Slam-titels is ’n goeie kampioen, maar nie ’n goeie mens nie.

Novak Djokovic se pa, Srdjan, bevraagteken Roger Federer se karakter. Foto: Getty Images

Srdjan Djokovic het op die Serwiese K1-televisiekanaal Federer se karakter aangeval en hom ook uitgelaat oor die internasionale media se behandeling van sy seun, die wêreld se voorste speler.

“Dit is duidelik dat die oorsese media nie die hoogste agting vir ons het nie en dat ons hulle deurlopend pla,” sê hy.

“Om doodeerlik te wees sou ek verkies om ook nie deel van hul wêreld te wees nie. Dit wil vir my voorkom of hulle wêreld verdraai is.”

Srdjan Djokovic het die afgelope tyd sy stem dik gemaak in die Serwiese media oor Novak se diskwalifisering in die 2020 Amerikaanse Ope en die debat oor die beste speler van alle tye. Sy seun tel onder die “Groot Drie” wat ook Federer en Rafael Nadal insluit.

Hy meen die media behandel Novak uiters stief ten spyte van al sy prestasies.

Srdjan Djokovic (regs) saam met sy seun, Novak. Foto: Getty Images

“Hulle belaster hom so gereeld, sê so baie walglike dinge oor hom dat dit die verstand te bowe gaan.”

Hy voer aan Federer was vyandig teenoor Novak toe laasgenoemde sy opgang op die wêreldverhoog begin.

“Federer het my seun 15 jaar gelede aangeval terwyl Novak nog jonk was, 18 of 19,” beweer hy.

“Federer het besef iemand is aan die kom wat beter is as hy.

“Ek het destyds gesê Roger is ’n uitstekende kampioen, die beste van sy generasie, maar al is hy ’n goeie kampioen, is hy nie ’n goeie mens nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.