Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak: Rekord weeg swaarder as virus-vrees

Novak Djokovic het besluit om na New York te reis vir die Amerikaanse Ope te midde van die koronaviruspandemie, omdat dié 17-malige Grand Slam-kampioen nie die kans wil verby laat gaan om nader aan Roger Federer se rekord van 20 titels te kom nie.

Novak Djokovic het sy visier op ’n 18de Grand Slam-titel. Foto: Getty Images

Federer sal nie by Flushing Meadows wees nie nadat hy die res van die jaar afgevat het om te herstel van ’n knieoperasie, terwyl die verdedigende kampioen, Rafael Nadal, een van verskeie spelers is wat besluit het om nie aan die toernooi deel te neem nie weens kommer oor hul gesondheid.

“Ek sal nie sê dit is die hoofrede nie, maar dit is beslis een van die redes,” het Djokovic aan The New York Times gesê, en sê hy het wel ook daaraan gedink om nie deel te neem nie.

“Ek moet aan myself en my gesondheid dink en of my span reg gaan wees. Toe ons dit bevestig het, het ek ook aan my verantwoordelikheid as ’n topspeler gedink om hier te wees en dit is belangrik om ons sport aan die gang te hou.

“Ek wil speel, dit is hoekom ek hier is. Ek is persoonlik nie bang dat dit ’n gevaarlike gesondheidrisiko vir myself is nie. As ek so gevoel het, sou ek waarskynlik nie hier gewees het nie.”

Ek sal nie sê dit is die hoofrede nie, maar dit is beslis een van die redes.
Novak Djokovic

Djokovic is in Junie gekritiseer toe hy die Adria-vertoonreeks in Serwië en Kroasië aangebied het, wat toe afgelas moes word nadat hy en van die spelers en personeel, positief vir die koronavirus getoets is.

Die 33-jarige Serwiër het gevoel dit was ’n heksejag wat op hom uitgevoer is.

“Ek dink nie ek het enigiets verkeerd en sleg gedoen nie,” sê Djokovic.

“Ek voel jammer vir mense wat geaffekteer is.

“Voel ek skuldig oor enigeen wat daarna in Serwië en Kroasië positief getoets is? Natuurlik nie. Hoe kan jy een individu vir alles blameer?”

Djokovic sal in die Western & Southern-ope, ’n opwarmingstoernooi vir die Amerikaanse Ope, in aksie wees. Die Amerikaanse Ope begin op 31 Augustus in New York. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Roger Federer  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.