Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Novak voel nie ongeliefd oor minder steun

Novak Djokovic voel nie vyandig weens die gebrek aan toeskouers se ondersteuning wanneer hy sy grootste teenstanders Roger Federer en Rafael Nadal op die tennisbaan pak nie.

Novak Djokovic, die wêreld se voorste tennisspeler. Foto: Getty Images

Kenners suggereer gereeld dat Serwië se wêreld-nommereen omgekrap raak, sowel as aangespoor word, deur die oorweldigende ondersteuning vir Federer en Nadal wanneer hy teen hulle speel, maar die wenner van 17 Grand Slam-titels bied ’n ander uitkyk.

“Ek lees gereeld dinge wat suggereer dat ek ongeliefd is, maar ek kry werklik nie daardie indruk nie, veral nie van die baan af nie,” sê Djokovic.

“Selfs al was dit waar, hoekom sou ek wou petrol oor die vuur gooi?

“Ek wil nie negatiewe emosies aanwakker nie. Ek koester geen kwadegevoelens vir mense wat my nie ondersteun nie. Dit gesê, ek is nie trots op sommige van my reaksies op die baan nie wanneer my passie met tye die oorhand oor my selfbeheer kry.

“Ek sal altyd erken dat ek foute maak en ek probeer altyd uit hulle leer. Wat jy saai sal jy maai en dit is nooit my bedoeling om negatiewe energie te skep nie.”

Djokovic gee egter toe daar is plekke waar hy minder ondersteuning geniet as ander.

“Dit is ’n feit dat meeste aanhangers Federer of Nadal teen my ondersteun, maar dit is as gevolg van wat hulle verteenwoordig in wêreldtennis.

“Dit beteken nie aanhangers haat my nie en dit beteken beslis nie ek moet Serwië teen die res van die wêreld opsweep net omdat minder mense my in Grand Slam-eindstryde ondersteun nie.”

Djokovic het verlede maand sy 17de major-titel beklink by sy gunsteling Grand Slam-toernooi in Melbourne, waar hy sy agtste Australiese Ope-kroon verower het. ’n Groot groep voormalige Serwiese burgers het hom luidkeels aangemoedig.

Die atmosfeer was in sterk kontras met verlede jaar se Wimbledon-eindstryd, toe Djokovic in vyf stelle met Federer afgereken het ten spyte van die oorweldigende ondersteuning vir die wenner van ’n rekord 20 major-titels.

Djokovic sê: “Toe hulle ‘Roger, Roger’ gedreunsang het, het ek myself oortuig hulle dreunsang ‘Novak, Novak’.

“Soms gee dit my aanmoediging. Maar eerlikwaar, ek verkies om die toeskouers aan my kant te hê.

“Waar sou jy eerder wou wees, by ’n plek waar 10 000 mense vir jou of teen jou skree?”

* Djokovic bevestig hy sal later vanjaar in die Olimpiese Spele in Tokio, Japan om sy eerste goue medalje meeding.

Hy het ’n bronsmedalje vir die derde plek op die Spele in Beijing in 2008 verower, maar vermy gewoonlik die sportskouspel weens die kopsere wat dit in sy program veroorsaak.

Maar, soos die geval met Federer en Nadal, die vooruitsig dat dit moontlik sy laaste kans is om in die Spele mee te ding, dien as aansporing.

“Ek het die eer gehad om brons te wen vir Serwië in Beijing in 2008, en ek dink die oomblik het gekom om nog ’n medalje te verower,” sê hy.

“Ek sal die Spele benader soos enige ander toernooi want ek beskou dit as die beste manier om voor te berei vir ’n aanslag op ’n medalje.”

– Reuters, TeamTalk

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.