Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Nuwe’ Nick systap bekgeveg

Nick Kyrgios, die onbetwiste stout seun van wêreldtennis, het skynbaar ’n nuwe blaadjie in 2020 omgeslaan.

Dié Australiese heethoof, wat al etlike kere in die sop was oor sy wangedrag op die baan, het die afgelope naweek ’n potensiële slaggat mooitjies gesystap.

Kyrgios is deur joernaliste gevra om sy mening te lug nadat die Duitse ster Alexander Zverev vroeër in ’n onderhoud gesê het hy glo nie dié Aussie het ’n kans om die Australiese Ope, wat Maandag begin, te wen nie.

“Daar is tans ’n klomp jong ouens wat, jammer om dit te sê, beter as Kyrgios is. Ek dink Stefanos (Tsitsipas) is beter as hy. Eenvoudig net omdat hy beter in wedstryde oor vyf stelle vaar,” was Zverev se mening.

Nick Kyrgios het in 2020 skynbaar ’n wag voor sy mond geplaas. Foto: AP

Kyrgios, wat in die verlede nie geskroom het om legendes van die spel soos Rafa Nadal en Novak Djokovic sleg te sê nie, wou egter nie die aas vat en sê wat hy rêrig van Zverev dink nie.

“Ek gaan nie te veel daaroor tob nie. Met alles wat tans aan die gebeur is, is dit die laaste ding waaroor ek my gaan bekommer.

“Hy is ’n fantastiese speler. Ek is nie lekker seker waarom hy dit gesê het nie, maar ek is seker hy het dit nie sleg bedoel nie. As hy egter het, is ek jammer vir wat ek hom ook al aangedoen het,” het Kyrgios diplomaties geantwoord. – TeamTalk

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Alexander Zvere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.