Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Ons 1ste Arabiese WTA-vrouewenner

Ons Jabeur van Tunisië het Sondag geskiedenis gemaak toe sy die eerste Arabiese vrou geword het wat ’n WTA-titel beklink het.

Ons Jabeur spog met haar trofee. Foto: Getty Images

Sy het die Rus Daria Kasatkina in die eindstryd van die grasbaantoernooi in Birmingham met 7-5, 6-4 geklop.

“Ek is so trots. Ek het oor die jare gesukkel en dit was vir my taai om my eerste WTA-titel te wen,” sê Jabeur, wat in twee vorige eindstryde verloor het.

“Ek moes dit net doen. Ek moes seëvier om asem te skep en die voorbeeld te stel.

“Daar is baie Tunisiese en ander Arabiese spelers en ek hoop dit inspireer hulle om meer te vermag. Ek wil meer van hulle saam met my sien meeding.”

Jabeur het teen Kasatkina verloor in die eindstryd in Moskou in 2018, maar was hierdie keer die Rus se baas.

“Die vorige keer toe ek teen Dasha gespeel het, was ek aan die verloorkant en ek was in trane.

“Hierdie keer het ek gewonder: Gaan ek vanaand weer huil en teleurgesteld voel, of gaan ek ’n oorwinning vier?”

Jabeur se sege beteken sy het vanjaar 28 kragmetings gewen, meer as enige ander WTA-speler buiten die wêreldnommereen, Ash Barty, wat ook 28 oorwinnings behaal het.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Ons Jabeur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.