Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka beskou haarself nie as topspeler

Ten spyte van twee seges in Grand Slam-toernooie, sien die Japanse tennisspeler Naomi Osaka haarself nie as een van die voorste spelers ter wêreld nie.

Dié 22-jarige sal van Maandag af probeer om haar titel by die Australiese Ope in Melbourne suksesvol te verdedig.

Naomi Osaka die afgelope week tydens ’n oefensessie. Foto: Getty Images

“Dit is snaaks – julle hou aan om na my as ’n topspeler te verwys, maar ek het dit nog nooit so gesien nie,” het Osaka volgens die BBC vandeesweek aan verslaggewers gesê.

Sy sê die afgelope jaar was haar moeilikste jaar tot nog toe, maar voel dat sy in ’n goeie posisie is om haar titel suksesvol te verdedig.

Osaka se sege in Melbourne verlede jaar het gevolg op haar titel by die Amerikaanse Ope in 2018, maar sy is daarna vroeg uitgeskakel by die Franse Ope en Wimbledon.

“Ek voel emosioneel op ’n beter plek teenoor waar ek verlede jaar was ná my nederlaag in Brisbane.”

Ek voel emosioneel op ’n beter plek teenoor waar ek verlede jaar was ná my nederlaag in Brisbane.
Naomi Osaka

Sy verwys na die loesing wat Lesia Tsurenko van Oekraïne haar ’n jaar gelede in die halfeind van die Brisbane International gegee het. Dié toernooi dien as littelosmaker vir die Aussie Ope.

“Maar eerlikwaar, verlede jaar was die moeilikste jaar van my lewe, so ek hoop dit sal beter raak,” sê Osaka.

“Ek voel dat ek elke jaar bietjie gemakliker raak, en ek hoop dat dit in my spel sal wys. Verlede jaar het ek jonk gevoel. Ek was net ’n jong kind.

“My doelwit (in 2019) was om te wen, en ek sou nie toelaat dat enigiemand my stop nie. Ek voel nou dat ek elke liewe sege meer waardeer, omdat ek weet wat dit geverg het om dit te bereik.”

Osaka, wat vanjaar derde gekeur is, kom in die eerste ronde teen Marie Bouzková van Tsjeggië te staan. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.