Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka: ‘Ek is nie meer so vreesloos’

Vyftig weke gelede was Naomi Osaka in die sewende hemel.

Sy het pas die Australiese Ope gewen vir haar tweede triomf in soveel Grand Slam-toernooie, en is oorval deur bewonderaars en borge.

SHENZHEN, CHINA - OCTOBER 28: Naomi Osaka of Japan
Naomi Osaka. Foto: Getty Images

Met haar terugkeer die afgelope week na Melbourne is die 22-jarige egter ’n gans ander mens.

Was dit nie vir titelsukses in die Ooste teen die einde van verlede seisoen nie, sou die Australiese triomf haar enigste van 2019 gewees het. In ’n ware annus horribilis het sy drie afrigters afgedank, haar spelpeil verloor en haar fokus laat wegskuif van tennis na wat oor haar gesê word.

Dit was ’n leerskool, sê sy.

“Voordat ek begin wen het (in 2018, wat sukses in die Indian Wells en Amerikaanse Ope opgelewer het), sou niemand iets skryf as ek verloor nie. Nou verloor ek en dit is nuus. Dit was moeilik om daaraan gewoond te raak,” het die jong Japanner gister volgens ESPN gesê.

“Ek het ’n punt bereik waar ek besluit het tennis is wat ek gekies het om met my lewe te doen en ek het my hele lewe daarvoor gewerk. Ek kan nie toelaat dat stemme van buite dikteer hoe ek voel nie.

“Om eerlik te wees, verlede jaar was die moeilikste van my lewe. Hopelik raak dit nou net beter. Ek voel ek was toe so jonk. My doelwit was om te wen en ek sou my deur niemand laat keer nie. Nou voel dit asof ek elke oorwinning soveel meer waardeer, omdat ek weet wat dit verg. Dalk was ek verlede jaar meer vreesloos.”

Osaka, die derde gekeurde, sal waarskynlik nie al die pad by vanjaar se Australiese Ope gaan as sy nie daardie vreesloosheid herwin nie, met ’n magdom vroue wat in Mel­bourne bereid sal wees om broosheid uit te buit.

Daar is Ashleigh Barty, Australiese gunsteling en die wêreld se nommer een, wat gister gewys het hoe gereed sy vir haar tuis-Ope is deur in Adelaide te wen.

Serena Williams het haar laaste vier Slam-eindstryde (twee teen Osaka) verloor, maar bly gevaarlik. Die Wimbledon-kampioen, Simona Halep, sal hoop om goed te vaar, Petra Kvitova word aangevuur deur haar nederlaag teen Osaka in verlede jaar se eindstryd en die tweede gekeurde Karolina Pliskova sal ’n slag wil wys sy hoort op die grootste verhoog. – Marizanne Kok

Meer oor:  Australiese Ope  |  Naomi Osaka  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.