Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka, Federer albei in New York in aksie

Die name van die verdedigende kampioen Naomi Osaka, wat haar weens kommer oor haar geestesgesondheid aan die Franse Ope en Wimbledon onttrek het, asook Roger Federer, wat die Olimpiese Spele weens ’n kniebesering misloop, is op die inskrywingslys vir die Amerikaanse Ope.

Naomi Osaka sal na verwagting later vanjaar haar Amerikaanse Ope-titel verdedig. Foto: Getty Images
Roger Federer se naam verskyn op die inskrywingslys vir die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse Tennisvereniging het Donderdag die name van die mans- en vroue-enkelspelers vir die toernooi bekendgemaak.

Die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar word van 30 Augustus tot 12 September in Flushing Meadows, New York, beslis. Toeskouergetalle vir die byeenkoms sal na 100%-kapasiteit terugkeer.

Die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, die verdedigende kampioen, Dominic Thiem, vorige wenners Stan Wawrinka en Marin Cilic, die tweede gekeurde Daniil Medvedev en Stefanos Tsitsipas (vierde) tel onder die ander groot name in die mansloting.

Andy Murray, die kampioen in 2012, is die eerste naam op die reserwelys en sal sy verskyning in die toernooi maak indien iemand onttrek.

In die vroueloting is die eerste gekeurde Ashleigh Barty, wat haar tweede Grand Slam-titel op Wimbledon verower het, een van 15 major-wenners wat in die toernooi sal meeding. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer  |  Naomi Osaka  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.