Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Naomi Osaka kry 'n nuwe afrigter

Die tweemalige Grand Slam-kampioen Naomi Osaka het die bekende Belgiese afrigter Wim Fissette as haar nuwe afrigter aangestel.

Naomi Osaka. Foto: Getty Images
Wim Fissette is Naomi Osaka se nuwe afrigter. Foto: Getty Images

Osaka het verlede jaar se Amerikaanse Ope en vanjaar se Australiese Ope gewen met die afrigter Sascha Bajin in haar hoek, maar dié twee se paaie het in Februarie geskei.

Die Amerikaner Jermaine Jenkins het daarna oorgeneem by Bajin, maar ná die Amerikaanse Ope in September het hul paaie ook geskei.

Tydens die laaste deel van die seisoen, toe sy haar peil herwin het en titels in Osaka en Beijing gewen het, het haar pa, Leonard Francois, as haar breier waargeneem.

Die 39-jarige Fissette het al verskeie topspelers afgerig, insluitend Victoria Azarenka, Kim Clijsters, Simona Halep, Angelique Kerber en Johanna Konta.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Naomi Osaka  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.