Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Naomi Osaka lag al die pad bank toe
Naomi Osaka van Japan lag al die pad bank toe. Foto: Getty Images

Die Japanse tennisspeler Naomi Osaka het die sportvrou geword wat die meeste nog in 12 maande verdien – en het boonop in die proses as’t ware met een van haar aartsvyande, Serena Williams, afgereken.

Osaka (22) het volgens die gesaghebbende tydskrif Forbes die afgelope jaar ’n enorme $37,4 miljoen in onder meer prysgeld verdien. Sy het $1,4 miljoen meer as die 38-jarige Amerikaner, wat die vorige vier jaar boaan die lys was, in haar sak gesteek.

Wat Osaka, ’n tweemalige Grand Slam-wenner se prestasie meer besonders maak, is dat dit die meeste geld is wat ’n sportvrou nog in ’n tydperk van 12 maande kon verdien.

Die vorige rekord het agter die naam van nog ’n tennisspeler, Maria Sharapova, gepryk in wie se bankrekening $29,7 miljoen in 2015 gedeponeer is.

Tennisspelers was sedert 1990 die topverdieners op Forbes se lys vir vroue, met Williams of die Rus Sharapova wat sedert 2004 boaan was.

Osaka het haar in die kollig gevestig toe sy Williams in die eindstryd van die Amerikaanse Ope in 2018 met 6-2, 6-4 geklop het.

Williams bevind haar tans negende op die wêreldranglys, een plek voor Osaka wat tiende is. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Serena Williams  |  Forbes  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.