Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka onttrek haar aan Franse Ope
Naomi Osaka op pad na haar sege oor Patricia Maria Tig in Sondag se eerste ronde van die Franse Ope-tennistoernooi. Foto: AP

Die Japannese tennisspeler Naomi Osaka (tweede gekeur) het Maandag in ’n skokaankondiging haar aan die Franse Ope-tennistoernooi onttrek.

Dit kom nadat sy vroeër besluit het om die media-onderhoude ná wedstryde te boikot.

Osaka is Sondag met $15 000 deur die organiseerders van dié Grand Slam-toernooi beboet nadat sy nie die verpligte mediakonferensie ná haar oorwinning in die eerste ronde bygewoon het nie.

Die 23-jarige Osaka skryf op Twitter: “Ek dink dis die beste vir die toernooi, die ander spelers en my welstand om my te onttrek sodat almal voortaan op tennis kan fokus.” – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Onttrek  |  Franse Ope  |  Naomi Osaka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.