Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka onttrek haar aan Wimbledon

Naomi Osaka het haar om persoonlike redes aan Wimbledon onttrek, maar sal gereed wees om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

Naomi Osaka gaan Wimbledon misloop, maar sal in die Olimpiese Spele meeding. Foto: Getty Images

Die 23-jarige Japannese tennisster, tweede op die wêreldranglys, het haar ook aan die Franse Ope onttrek weens omstredenheid oor haar besluit om mediaonderhoude ná wedstryde te boikot.

Franse tennisbeamptes het haar met $15 000 beboet en gedreig om haar uit die toernooi te skop indien sy voortgaan om haar verpligtinge met die media te ontduik.

Osaka, wat sê sy ly aan “sosiale angs”, beweer dat mediakonferensies ’n negatiewe invloed op spelers se geestesgesondheid kan hê.

“Naomi sal nie vanjaar by Wimbledon speel nie,” sê haar agent.

“Sy neem ’n ruskans om saam met haar vriende en familie tyd deur te bring. Sy sal gereed wees vir die Spele en sien daarna uit om voor haar tuisskare te speel.”

Osaka, wenner van vier Grand Slam-titels, het voor die begin van die kleibaan-major by Roland Garros gesê sy sal nie in Parys met die media gesels nie. Sy het die tradisionele vraag-en-antwoord-sessies vergelyk met “iemand wat geskop word terwyl hy op die grond lê”.

Haar afwesigheid by Wimbledon is ’n tweede terugslag vir die toernooi nadat Rafael Nadal ook bevestig het dat hy die grasbaan-major gaan misloop. – Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Naomi Osaka  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.