Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka speel gou klaar met Halep
Naomi Osaka Foto: Getty Images

Naomi Osaka van Japan het Saterdagoggend die wêreld se voorste vrouespeler, Simona Halep, sonder veel moeite met 6-3 6-0 geklop om na die eindstryd van die BNP Paribas Ope deur te dring.

Osaka (20) sal in die eindstryd teen Daria Kasatkina te staan kom.

Kasatkina het vroeër vir Venus Williams verslaan.

Halep het al drie haar vorige kragmetings teen Osaka, wat ongekeur is, gewen, maar het ’n eienaardige vertoning, gelaai met ongedwonge foute, gegee. Sy het ook min veggees gewys.

“Dit was nie ’n maklike wedstryd nie,” het Osaka ná haar oorwinning gesê. “Ek was die heeltyd baie gestres en ek is net baie bly dat ek die wedstryd gou kon beëindig.”

Halep wou nie ná haar nederlaag verskonings soek nie, maar sy voel die lang gewag om op die baan te kom het haar nie gehelp nie.

“Ek het net glad nie die bal gevoel nie. Ek was vandag nie in die wedstryd nie. Ek het aan die begin oukei gespeel, maar het toe net platgeval,” het Halep gesê.

“Ek weet nie hoekom nie. Ek het net konsentrasie verloor. Sy was beter as ek. Sy was beter voorbereid en was reg om te speel en die wedstryd te wen. Ek was nie.”

- Reuters

Meer oor:  Simona Halep  |  Indian Wells
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.