Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka vee die vloer met Tsurenko

Die 20-jarige Naomi Osaka het die halfeindronde van die Amerikaanse Ope Woensdag in styl gehaal toe sy Lesia Tsurenko ’n behoorlike tennisles gegee het.

Die 20-jarige Naomi Osaka het Woensdag net 58 minute nodig gehad om deur te dring tot die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Foto: AP

Osaka, die 20ste gekeurde, het net 58 minute nodig gehad om Tsurenko se New York-sprokiesverhaal aan flarde te blaas. Sy was baas met 6-1, 6-1 danksy ’n haas foutlose afslaanvertoning en dissipline in haar algemene spel.

Die Japanner het eers in die 13de pot van die wedstryd vir die eerste keer ’n punt op haar eie eerste afslaan verloor en in totaal meer as dubbel soveel punte as Tsurenko gewen (58 teenoor 28).

Die enigste keer wat sy onder druk was, was in daardie 13de pot toe Tsurenko niks meer gehad het om te verloor nie en vir ’n rukkie met meer vryheid gespeel nie. Voor dit – en in die pot daarna – was dit egter eenrigtingverkeer. Tsurenko was duidelik senuweeagtig, soos die 31 ongedwonge foute wat sy gemaak het, onderstreep. Osaka, daarenteen, het met ’n selfversekerdheid gespeel wat heelwat spelers ouer as sy nooit vind nie en haar teenstander van die agterbaan af soos ’n marionet gespeel.

Die jong Osaka het in albei haar eerste Amerikaanse Ope-toernooie in die derde ronde uitgeval, maar vanjaar haar voete in New York gevind en haar reputasie as potensiële ster van die toekoms onderstreep. Hierdie is reeds ’n groot jaar vir haar, danksy haar eerste beroepsege in Indian Wells in Maart en ’n eerste besoek aan die top-20 van die wêreldranglys.

Aan die anderkant was Tsurenko se opmars na die kwarteindronde ’n effense verrassing. Die 29-jarige het die tweede gekeurde Caroline Wozniacki in die tweede ronde uitgeskakel en voor Woensdag net een stel in die toernooi verloor. Die oomblik was egter in ’n kwarteindronde in die Arthur Ashe-stadion heeltemal te groot vir haar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.