Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Naomi Osaka vra Japan om vas te byt

Naomi Osaka, die Japanse tennisspeler wat met twee Grand Slam-titels spog, is vol vertroue dat sy haar fokus na die Olimpiese Spele in 2021 kan verskuif.

Dit volg nadat die Spele, wat later vanjaar moes plaasvind, verlede week weens die Covid-19-pandemie met ’n jaar aangeskuif is.

Die Japanse tennisspeler Naomi Osaka. Foto: Getty Images

Die 22-jarige Osaka is bly oor die besluit om die Spele uit te stel, selfs al gaan sy nou eers later die geleentheid kry om voor haar tuisskare te speel.

“Ek het die afgelope paar dae gedink hoe ek my gedagtes kan verwoord. Almal weet hoeveel die Olimpiese Spele vir my beteken en hoe trots ek sal wees om in my geboorteland te speel.

“Natuurlik is ek teleurgesteld dat dit nie meer hierdie jaar sal plaasvind nie, maar ons sal almal reg wees om sterker as ooit in 2021 te wees,” sê Osaka.

“Ek ondersteun premier Abe (Shinzo Abe) en die Internasionale Olimpiese Komitee se besluit. Sport sal ons almal saamvoeg en sal weer vir ons daar wees, maar daardie tyd is nie nou nie.

“Dit is nou die tyd vir mense van alle lande, agtergronde, en rasse om saam te staan en soveel lewens moontlik te red. Vir my is dit die gees van die Olimpiese Spele.

“Vir die mense van Japan: Bly sterk en laat ons aan die wêreld ons mooi land wys wanneer die tyd reg is in 2021,” sê Osaka. – TeamTalk

Meer oor:  Tennis  |  Naomi Osaka  |  Japan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.