Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Osaka wil verering opsy skuif

Dit word dikwels gesê jy moet nooit jou helde ontmoet nie.

Saterdag wag ’n veel meer intimiderende taak op die 20-jarige Naomi Osaka: Sy spéél teen haar held in die eindstryd van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi op Flushing Meadows in New York.

Naomi Osaka in aksie in die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images
Naomi Osaka glimlag breed tydens die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images
Naomi Osaka in aksie in die Amerikaanse Ope. Foto: Getty Images

Osaka het verlede jaar se naaswenner, Madison Keys, met 6-2, 6-4 in die halfeindstryd verslaan om haar afspraak met Williams te bespreek, iemand wat sy al vanaf kindsbeen op televisie dopgehou en bewonder het.

Op die vraag of sy ’n boodskap vir haar held het voor die eindstryd, het Osaka gesê: “Serena, ek is lief vir jou.”

Osaka, die eerste vrou van Japan om ’n Grand Slam-eindstryd te haal, het gesê sy gaan egter daarop fokus om die legende van die speler te skei.

“Dit voel so half onwerklik. Selfs as ’n kind het ek daarvan gedroom dat ek teen Serena kan speel in die eindstryd van ’n Grand Slam-toernooi,” sê sy.

Ek moet nie aan Serena dink as my held nie, maar net as nog ’n teenstander.
Serena Williams

“Ek voel dat hoewel ek die oomblik moet geniet om nou daardie kans te kry, moet ek eintlik daaraan dink as net nog ’n wedstryd. Ek moet nie aan Serena dink as my held nie, maar net as nog ’n teenstander.”

Sy het nog net een keer teen Williams gespeel en haar in Maart vanjaar in die Miami Ope met 6-3, 6-2 geklop. Dit was ’n ervaring waaruit sy hope selfvertroue kan put.

Tog erken sy hierdie wedstryd in die eindstryd gaan heelwat ander uitdagings bied.

“Toe het ek vroeg in die toernooi teen haar gespeel. Die omstandighede was heeltemal anders en haar spelpeil is nou baie beter. Tog was dit ’n goeie ervaring vir my.”

Geskiedenis wink vir die veteraan Serena Williams. Sy pak Japan se Naomi Osaka in die eindstryd van die Amerikaanse Ope. Foto: AP
Serena Williams hoop om vandag haar 24ste Grand Slam-enkelspeltitel te verower en so Margaret Court se rekord te ewenaar. Foto: USA Today Sports

Williams het haar halfeindstryd teen Anastasija Sevastova van Letland met 6-3, 6-0 in net 66 minute gewen en is nou een oorwinning weg van haar 24ste Grand Slam-titel.

’n Sege in die eindstryd sal aan die 36-jarige Williams ’n sewende Amerikaanse Ope-titel besorg, waarmee sy dan die rekord wat sy nou met Chris Evert deel, sal verbeter.

Ek moet nie aan Serena dink as my held nie, maar net as nog ’n teenstander.
Serena Williams

“Dit is merkwaardig, ek sou dit nooit kon voorspel nie. Ek het emosioneel geraak, want verlede jaar hierdie tyd was ek besig om vir my lewe te veg in die hospitaal met die geboorte van my baba,” vertel Williams.

“Ek het my derde operasie ondergaan. Om uit daardie hospitaalbed te kon kom, waar ek nie eens kon beweeg nie en nou reeds weer in twee Grand Slam-eindstryde te kon wees, is merkwaardig.

“Vir my is dit nog maar die begin. Ek is steeds nie waar ek wil wees nie, maar ek beweeg in die regte rigting.”

In die Wimbledon-eindstryd het Angelique Kerber haar daarvan weerhou om Margaret Court se rekord van 24 Grand Slam-titels te ewenaar.

“Ek voel daar is steeds groei in my spel en hoewel ek nie jonk is nie, glo ek wag daar steeds ’n blink toekoms op my.” – Reuters

TV: 22:00 (SA tyd, SS 6).

Meer oor:  Eindstryd  |  Serena Williams  |  Naomi Osaka  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.