Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Covid-19 eis tennis se '5de major'

Die Paribas-tennisope in Indian Wells in Kalifornië is Sondagaand (SA tyd) gekanselleer nadat ’n persoon in die Coachella Valley positief vir die Covid-19-virus getoets het.

Die Paribas-ope in Indian Wells is weens vrese vir die Covid-19-virus gekanselleer. Foto: Getty Images

Dit is een van die wêreld se grootste tennistoernooie buiten die vier Grand Slams, en die eerste groot sportgeleentheid in die VSA wat weens die virusuitbreking gekanselleer is.

Dit kom enkele dae nadat die organiseerders aangekondig het dat die gesondheidsmaatreëls verskerp is en die versekering gegee het dat die toernooi sal voortgaan.

Die ATP en WTA het albei ook riglyne aan die spelers verskaf wat onder meer bepaal dat hulle nie enige items van ondersteuners wat hulle geteken wil hê mag aanvaar nie.

Baie van die spelers het reeds vir die toernooi in Indian Wells opgedaag en die kwalifiserende rondes sou Maandag begin. Die eerste hoofwedstryde sou Woensdag plaasvind.

Ons is bereid om die toernooi na ’n ander datum te verskuif en sal ons opsies ondersoek.

“Ons is baie teleurgesteld dat die toernooi nie gaan plaasvind nie, maar die gesondheid en veiligheid van die gemeenskap, ondersteuners, spelers, vrywilligers, borge, werknemers, verkopers en alle betrokkenes by die toernooi is van kardinale belang,” het Tommy Haas, die toernooi se direkteur gesê.

“Ons is bereid om die toernooi na ’n ander datum te verskuif en sal ons opsies ondersoek.”

Die VSA het nou al meer as 500 gevalle van die koronavirus in 30 van sy state.

Kalifornië sukkel reeds om die virus in toom te hou nadat 21 van die 3 500 mense op ’n passasierskip wat daar vasgemeer het, positief vir die virus getoets het.

“In hierdie stadium is die risiko te groot vir die plaaslike gemeenskap in die Riverside County-omgewing om ’n toernooi met só ’n groot omvang aan te bied,” het David Agus, ’n mediese professor aan die Suid-Kalifornië-universiteit gesê.

Die Paribas-ope duur gewoonlik twee weke en lok jaarliks van die meeste toeskouers van enige tennistoernooi in Noord Amerika.

Nog ’n tennistoernooi is vir later vandeesmaand in Miami gereël en die organiseerders moet nog bekend maak of dit sal voortgaan. – Sportredaksie, atptour.com, Sport24

Meer oor:  Koronavirus  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.