Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Philadelphia gunsteling om WTT te wen

Die Philadelphia Freedoms is met 12 seges uit 14 wedstryde die gunsteling om die naweek in Wes-Virginië met die kroon in die World Team Tennis (WTT)-toernooi weg te stap.

Die Freedoms speel Saterdag in hul halfeindstryd teen New York Empire, verlede jaar se finalis.

Die Freedoms het Donderdag in die twee spanne se laaste wedstryd die bordjies met 23-17 verhang nadat die New Yorkse franchise die spanne se eerste wedstryd vroeër met 25-17 gewen het.

Sofia Kenin Foto: Getty Images

Sofia Kenin, wenner van die Australiese Ope en tans die vierde beste vrouespeler ter wêreld van die Freedoms, kon nie een van haar enkelspelwedstryde in dié twee kragmetings wen nie en moes teen Kim Clijsters en CoCo Vandeweghe die knie buig.

New York Empire het volgens wtt.com vooraf sewe van sy 14 wedstryde gewen.

Die 37-jarige Clijsters van België gaan in die komende Western & Southern-ope in New York as promotorskeuse in aksie wees.

Orlando Storm met tien seges en Chicago Smash met nege is in Saterdag se ander halfeindstryd slaags om ’n plek in Sondag se eindstryd.

John-Laffnie de Jager, afrigter van Suid-Afrika, se Springfield Lasers, wenners van die laaste twee jaar, was ná ’n slegte begin in ’n stadium terug op koers om die halfeind te haal, maar moes aan die einde met net vyf seges tevrede wees.

Meer oor:  Kim Clijsters  |  Sofia Kenin  |  Wtt-Toernooi  |  Philidelphia Freedoms  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.