Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Pliskova: Vroue gewoond aan leë stadions

Vrouetennisspelers is daaraan gewoond om in leë stadions te speel, daarom sal dit nie vir hulle ’n aanpassing wees as die spel weens die Covid-19-pandemie agter toe deure plaasvind nie, sê die Tsjeggiese tennisspeler Karolina Pliskova.

Karolina Pliskova in aksie tydens die Australiese Ope vroeër vanjaar. Foto: Getty Images

Die 28-jarige het die opmerking gemaak nadat Roger Federer onlangs gesê het dat die Amerikaanse Ope, wat na verwagting op 24 Augustus sal begin, nie sonder toeskouers gespeel moet word nie.

Daar hang ’n reusevraagteken oor of die toernooi wel sal plaasvind, met die organiseerders wat dit oorweeg om dit agter geslote deure aan te bied.

Maar Federer, wat 20 Grand Slam-titels tot op hede gewen het, is nie ’n voorstander daarvan dat die toernooi sonder toeskouers beslis word nie.

Tog voel Pliskova dit is beter as niks, en boonop nie ’n nuutjie vir vrouespelers nie.

“Maak nie saak wat die omstandighede is nie, dit is beter om sekere wedstryde te speel as om hoegenaamd niks te speel nie. As jy die geleentheid het om in ’n groot wedstryd te speel waar daar baie toeskouers en ’n wonderlike atmosfeer is, is dit soveel beter.

“Maar ons kan wedstryde hê waar niemand teenwoordig is nie, so ek dink nie dit sal nooit gebeur nie. As jy om 13:00 speel, is daar in elk geval niemand nie,” sê Pliskova volgens The Telegraph.

“Miskien het Roger dit nog nie ervaar nie, maar ek dink ek en die ander vroue het al die ervaring gehad (van niemand op die paviljoen nie). Ek weet dit moet vir seker vir Roger anders wees om daaraan te dink, maar ek sal beslis verkies om te speel.” – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Karolina Pliskova  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.