Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Slyp saam met Andy Murray by Wimbledon

Die droom van ’n private oefensessie saam met Andy Murray sal waar word vir een tennisondersteuner nadat topspelers betrek is by ’n fondsinsamelingsprojek vir beroepsafrigters wat finansieel sukkel tydens die Covid-19-pandemie.

Andy Murray Foto: Getty Images

Nie net het die inperkingstyd met die pandemie spelers verhoed om geld te verdien nie, maar ook die meeste afrigters.

Daniel Vallverdu van Venezuela, wat saam met Grand Slam-wenners soos Andy Murray, Stan Wawrinka en Juan Martin del Potro gewerk het, het uitgereik na ander afrigters met ’n geldinsamelingsplan om van hul minder bekende afrigters te help.

“Die ATP-reeks neem ook deel en verlede maand kon ondersteuners bie vir private lesse saam met gesiene afrigters tydens toernooie in 2021.

“Niemand wat ek gekontak het, het nee gesê nie, so dit was goed dat elkeen op ’n manier wou help,” het Vallverdu gesê.

“Ek het hulle gekontak en gevra of die afrigters van hul tyd beskikbaar sal stel en toe die ATP-reeks gekontak om van hierdie ervarings tydens toernooie te reël.

Van die groot name soos Paul Annacone, Boris Becker, Darren Cahill, Brad Gilbert, Goran Ivanisevic, Ivan Lendl, Ivan Ljubicic en Patrick Mouratoglou het betrokke geraak en meer as $90 000 is bewillig.

Die tweede ronde van die veiling vind van 6 tot 27 Julie plaas en sal ’n private sessie met Murray by Wimbledon insluit, asook twee kaartjies vir die 2021 mans-enkelspel eindstryd en middagete by die ledesaal.

“Dit was goed om te sien almal trek in dieselfde rigting en steun dit,” sê Vallverdu, wat ook op twee na die voorste vrouespeler ter wêreld, Karolina Pliskova, afrig.

“Dit is eintlik nie normaal om almal in ons sport te sien saamwerk nie. Hopelik kan dit ’n goeie platform wees vir die toekoms en kan daar beter samewerking wees tussen die afrigters by toernooie.”

Tydens die tweede reeks van veilings sal daar ook sessies wees saam met Wawrinka, Grigor Dimitrov en Feliciano Lopez en afrigters soos Carlos Moya en Toni Nadal, die oom en jarelange afrigter van Rafael Nadal.

Ondersteuners kan ook ’n bod insit vir vier getekende tennisrakette van Novak Djokovic, Roger Federer, Nadal en Murray.

“Ek is baie bly om betrokke te wees,” sê Murray, ’n voormalige nommereenspeler ter wêreld. “Soveel areas van ons spel word geraak deur die opheffing van die reeks, insluitende afrigters. Dit is belangrik dat ons mekaar help waar ons kan.”

Vallverdu is deel van die ATP-reeks se afrigterskomitee, wat die fondse sal gee aan diegene wat dit die meeste verdien. Daar sal ook geld geskenk word aan ’n wêreldwye Covid-19-fonds.

“Dit kan ’n goeie platform wees om te wys dat afrigters meer betrokke kan wees op en van die baan af,” sê hy.

“Die sterker boodskap is egter as ons almal saamwerk, kan ons groot dinge behaal in die sport.” – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.