Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Querrey: Dís waarom ek uit Rusland vlug

Die Amerikaanse tennisspeler Sam Querrey, wat deur die ATP gestraf is nadat hy verlede jaar Covid-19-protokol verbreek het by ’n toernooi in St. Petersburg, het sy optrede verdedig en sê hy’t gedoen wat hy gevoel het reg was as ’n pa en ’n eggenoot.

Die Amerikaanse tennisspeler Sam Querrey. Foto: Getty Images

Querrey het in Oktober vir konsternasie gesorg toe hy, sy vrou en babaseuntjie Rusland in ’n privaat straler verlaat het nadat al drie voor die begin van die toernooi positief vir Covid-19 getoets is. Querrey-hulle het die oggend vroeg uit hul hotel gesluip sonder om die ontvangspersoneel van hul vertrek in kennis te stel.

Die ATP (Beroepspelersvereniging) het die 33-jarige Amerikaner ’n opgeskorte boete van $20 000 opgelê, wat opgehef sal word mits hy nie weer enige Covid-19-regulasies in ’n tydperk van ses maande ná die St. Petersburg-voorval oortree nie.

“Ek moes ’n besluit tussen tienuur die aand en tienuur die volgende oggend maak,” het Querrey in ’n onderhoud met Sports Illustrated gesê.

“Ek het my vrou en ons baba daar gehad en ek het nie gemaklik gevoel met die situasie nie. Daarom het ons tot die stap oorgegaan om Rusland met ’n huurvlug te verlaat.

Volgens Querrey was hy – nadat hulle positief getoets is – bereid om twee weke in kwarantyn in hul hotel deur te bring, maar is hulle ná die tweede dag meegedeel dat hulle nie meer welkom in die hotel was nie en dat dokters sou besluit of hulle eerder hul afsondering in ’n hospitaal moet deurbring.

Querrey sê dié onsekerheid het hom genoop om saam met sy vrou en hul sewe maande oue seun na Londen te vlieg en daar in ’n Airbnb in kwarantyn te gaan.

“Ek het as ’n pa en ’n eggenoot gevoel daar was ’n menslike element ter sprake en dat ek moes doen wat reg voel,” sê Querrey, wat meer as R600 000 vir die huurvlug moes opdok.

“Ek het nie kans gesien dat ons gesin vir ’n minimum van twee weke in ’n vreemde hospitaal moes bly nie.”

Querrey het bygevoeg dat die mediadekking van die voorval hom ook erg gefrustreer het.

“Dit het dit laat klink asof ek eenvoudig net die pad gevat het nadat ek Covid opgedoen het. Ek voel nie dinge is op ’n regverdige wyse uitgebeeld nie.” – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Sam Querrey  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.