Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Querrey kry opgeskorte boete

Die ATP-reeks het die Amerikaanse tennisspeler Sam Querrey met ’n opgeskorte boete van $20 000 gestraf weens sy versuim om die Covid-19-maatreëls by die St Petersburg-ope in Oktober na te kom.

Sam Querrey se boete van $20 000 is vir ses maande opgeskort. Foto: Getty Images

Querrey (33) is ’n dag voor die hoofloting sou begin aan die toernooi onttrek nadat hy positief vir die koronavirus getoets is, maar het die land op ’n private vlug verlaat al is hy deur Russiese owerhede in afsondering geplaas.

Die ATP het Querrey se gedrag as “teenstrydig met die integriteit van die sport” beskryf, maar sê die boete sal wegval indien Querrey nie binne ses maande verdere oortredings wat Covid-19-protokol betref begaan nie.

Die beheerliggaam sê ook hy het Querrey se “etlike jare van goeie gedrag en ander versagtende omstandighede” in ag geneem toe hy op die opgeskorte boete besluit het.

Querrey, 53ste op die wêreldranglys, het die laaste van sy tien ATP-titels in 2017 by die Los Cabos-ope verower. Hy het vyf dae om teen die boete te appelleer.

Sam Querrey en sy vrou, Abby. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die St Petersburg-toernooi het in Oktober gesê Querrey, sy vrou, Abby, en babaseun is almal positief vir die koronavirus getoets.

Volgens hulle het Querrey nie sy hotelkamerdeur oopgemaak vir ’n doktersbesoek die volgende dag nie en dat die gesin die hotel verlaat het sonder om die ontvangs in te lig.

Die Querreys het glo bekommerd geraak toe hulle ’n oproep van Russiese gesondheidsowerhede ontvang en ingelig is dat ’n dokter hulle sou besoek en dat hulle dalk in die hospitaal opgeneem sou word.

Dit was genoeg om Querrey te oortuig om ’n private straler te huur en sy gesin landuit te neem. Querrey was bekommerd dat hy van sy seun geskei sal word en het ook nie kans gesien vir twee weke in ’n hospitaal in ’n vreemde land nie.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Sam Querrey  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.