Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa en Isner ook deur na Wimbledon-halfeind

Dis kanonpoot teen kanonpoot in Kevin Anderson se volgende Wimbledon-uitdaging.

John Isner. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse hemelbesem John Isner is die volgende hekkie waaroor Anderson moet kom in sy Wimbledon-avontuur, ná die Yank Woensdagaand in die kwarteindronde ’n vierstel-sege oor Milos Raonic behaal het.

Isner, die tiende gekeurde, het die eerste stel van die wedstryd verloor, maar daarna koning gekraai in die volgende drie. Sy wentelling was 6-7 (5/7), 7-6 (9/7), 6-4, 6-3.

Die Amerikaner sal in die eerste Grand Slam-halfeindstryd van sy lewe speel. Vir Anderson sal dit natuurlik sy tweede in tien maande wees.

Anderson het in 2012 laas met Isner afgereken en net drie van hul vorige elf kragmetings gewen. Hulle het egter in 2015 laas teen mekaar stelling ingeneem, en Anderson is ’n veel beter speler as toe.

Isner (160) en Raonic (148) is die enigste spelers wat tot dusver in vanjaar se Wimbledon-toernooi meer kishoue geslaan het as Anderson (124). Woensdag het Isner 25, Raonic 31 en Anderson 28 geslaan.

Rafael Nadal het Woensdag 4 uur en 47 minute nodig gehad om Juan Martin del Potro te oorkom. Foto: AP

* Die ander halfeindstryd sal wees tussen Novak Djokovic en Rafael Nadal.

Soos Roger Federer vroeër in die dag was Nadal betrokke in ’n klipharde vyfstel-stryd van die hoogste gehalte. Dit het hom 4 uur en 47 minute geneem om die Argentyn Juan Martin del Potro met 7-5, 6-7 (7/9), 4-6, 6-4, 6-4 te verslaan.

Vroeër was Novak Djokovic met 6-3, 3-6, 6-2, 6-2 baas oor Kei Nishikori.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.