Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa en Lloyd kruis dalk swaarde in VSA
Lloyd Harris vroeër vanjaar by Wimbledon. Foto: Getty Images

’n Ontmoeting op die tennisbaan met Rafa Nadal wink vandeesweek in Washington D.C. vir Lloyd Harris van Suid-Afrika.

Dié Kapenaar en die Spaanse legende neem albei deel aan die Citi-Ope.

Harris het in vanjaar se Franse Ope ’n stryd teen Nadal net-net misgeloop toe die Brit Cameron Norrie hom in die tweede ronde uitgeskakel en toe teen Nadal in die derde ronde gespeel het.

Harris het ’n loslootjie in die eerste ronde in Washington.

Hy sal daarna vir Tennys Sandgren van Amerika of James Duckworth van Australië in die tweede ronde die stryd aansê. As hy die wedstryd wen, wag die eerste gekeurde Nadal dalk op hom.

Nadal het ook ’n loslootjie in die eerste ronde en sal in die tweede ronde teen Jack Sock van Amerika of Yoshihito Nishioka van Japan speel.

Suid-Afrika se Kevin Anderson en die Amerikaner Jenson Brooksby, die twee finaliste in die onlangse grasbaantoernooi in Newport, pak mekaar Maandagaand in die eerste ronde in Washington.

Anderson en Harris is verlede week in Atlanta albei in die eerste ronde onderskeidelik deur Nick Kyrgios van Australië en sy landgenoot Jordan Thompson uitgeskakel. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Rafa Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.