Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa en Novak se pleidooi aan tennisbase

Twee van tennis se swaargewigte, Rafa Nadal en Novak Djokovic, is dit eens dat die Davisbeker en ATP-beker in een “super-Wêreldbekertoernooi” moet saamsmelt.

Novak Djokovic oefen in Brisbane, waar Serwië Saterdag in die toernooi om die ATP-beker teen Suid-Afrika te staan kom. Foto: Getty Images

Die Davisbeker-toernooi, tennis se oudste spankompetisie, het ’n gedaanteverwisseling ondergaan en is in November in Spanje in dieselfde formaat beslis as die toernooi om die ATP-beker, wat Vrydag in Australië begin het.

Dít het tot heelwat kritiek onder spelers gelei en pleidooie word sedertdien deur verskeie groot name gelewer dat tennisbase wéér oor dié toernooie moet gaan dink.

Nadal en Djokovic, onderskeidelik die wêreld se nr.1- en nr.2-spelers, het nou tot die debat toegetree en is albei van mening dat daar nie vir albei dié toernooie plek op die beknopte tenniskalender is nie.

“Ons moet net een super-Wêreldbeker-byeenkoms, of wat ook al jy dit wil noem, hê,” het Djokovic gesê.

“Dit gaan nie volgende jaar al gebeur nie, maar as die ITF (Internasionale Tennisfederasie, onder wie se vaandel die Davisbeker plaasvind) en die ATP (die Beroepspelersvereniging, wat die ATP-beker aanbied) dringend koppe bymekaar kan sit, kan dit reeds in 2022 ’n werklikheid word.

“Ek hoop dis moontlik, want dis moeilik vir top-spelers om hulle tot albei toernooie te verbind,” het Djokovic gesê.

Toe Nadal oor die kwessie uitgevra is in Perth, waar hy Spanje in die toernooi om die ATP-beker verteenwoordig, het hy ook gesê die sport verdien een groot spantoernooi.

Rafa Nadal volstoom aan die oefen in Perth, waar hy Spanje in die ATP-bekertoernooi verteenwoordig. Foto: Getty Images

“Dis verwarrend om twee ‘Wêreldbeker-toernooie’ in ’n bietjie meer as ’n maand te hê. Persoonlik dink ek nie dis die ideale situasie vir ons sport nie, maar dis ongelukkig hoe dinge tans werk.”

Die opkomende Kanadese speler Denis Shapalov, lid van die span wat teen Spanje in die Davisbeker-eindstryd verloor het, sê ook hy kan nie die punt van twee internasionale spantoernooie op die kalender sien nie.

“’n Maand gelede het ons in ’n wêreldkampioenskap gespeel en nou voel dit of ons weer aan een deelneem. Dit sal fantasties wees as hulle een groot toernooi kan reël, wat uniek en spesiaal sal wees. Hopelik kan die verskillende partye tot ’n vergelyk kom,” het Shapalov gesê.

– TeamTalk

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Atp-Beker  |  Davisbeker  |  Rafa Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.