Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios op randjie van sege voordat Nadal se doepa help
Laverbeker-toernooi: Rafa gee Roger raad

Roger Federer van Switserland moes gister in Geneva kwaai bontstaan en ’n hewige aanslag van die vurige Australiër Nick Kyrgios afweer voordat hy sy Europese span ’n voorsprong van 5-3 in die Laverbeker-toernooi kon besorg.

Dankie mense. Roger Federer ná sy spannende sege oor Nick Kyrgios in die Laverbeker.Foto: Reuters

Federer is ook van raad bedien deur sy Europese spanmaat Rafael Nadal wat hom aangespoor het nadat dinge nie in die eerste stel uitgewerk het nie.

Federer kon uiteindelik daarop bou om met 6-7 (5/7) 7-5 10-7 te seëvier.

Federer is nou met 3-0 voor teen Kyrgios in die Laverbeker.

“Ek het gehoop dit is waarheen dit sou lei. Dit was ongelooflik,” het Federer ná sy oorwinning gesê.

“Dit was moeilik nadat ek die eerste stel verloor het. Ek het ’n bietjie energie gekort, so ek het net by Nick probeer byhou, want as jy sake omdraai, gaan jy die skare aan jou kant kry. Ek sal oorpluisies vir my volgende wedstryd nodig hê.”

Nick Kyrgios blom. Foto: Reuters

Federer en Kyrgios het in die eerste stel op mekaar se afslane deurgebreek en dit het op ’n uitkloppot uitgeloop.

Federer was met 4-0 in die uitkloppot voor, voordat hy ’n paar foute begin begaan het en die stel deur Kyrgios beklink is.

In die tweede stel het Federer daarin geslaag om sy afslane te behou, maar hy kon nie op Kyrgios se afslaan deurbreek nie.

Dis toe dat Nadal oorgeneem het.

Hy het allerhande statistieke aan Federer verskaf wat daartoe gelei het dat hy binne 4-5 van Kyrgios kon kruip.

“Jy het meer punte as hy gewen. Ek weet dis moeilik, want hy lees die spel baie goed . . . wag vir die regte een en gaan oor op die aanval,” het Nadal aan Federer gesê . . . en die slag was geslaan. – atptour

Meer oor:  Roger Federer  |  Nick Kyrgios  |  Geneva
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.