Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa in sy skik, reg vir Roland Garros

Hy kan Roland Garros nou vol selfvertroue en met ’n helder verstand tegemoetgaan op soek na ’n 21ste Grand Slam-titel.

So sê die kleikoning, Rafael Nadal, nadat hy ter opwarming vir die Franse Ope Sondag in Rome in styl met die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, in die eindstryd van die Italiaanse Ope afgereken het.

Rafael Nadal spog vir ’n tiende keer in sy loopbaan met die Italiaanse Ope se wennerstrofee. Foto: Getty Images

Die 34-jarige Spanjaard het die eerste gekeurde Djokovic met 7-5, 1-6, 6-3 geklop om sy rekord in Rome tot tien titels op te stoot.

Hy voel sy spel het gedurende die week geleidelik verbeter, wat niks goeds vir sy teenstanders in Parys voorspel nie.

Nadal is voor die Italiaanse Ope in die kwarteindronde in Monte Carlo, sowel as in Madrid, gestuit.

Hy sê hy gaan nou vir ’n paar dae by die huis uitspan voordat hy vertrek na Parys om sy titel daar te gaan verdedig. Die Franse Ope begin op 30 Mei.

“Ek dink ek kan aan ’n paar dinge werk wat ek ’n bietjie beter kan doen. Ek sal ook probeer om te volhard met die dinge wat wys dat ek op die regte pad is,” sê Nadal.

“Ek dink ek het vandeesweek algaande verbeter. Ek moet egter volhou daarmee, want as jy aanhou verbeter, voel jy nog veiliger en meer selfversekerd.

“Ek weet waaraan ek die volgende paar weke moet werk en gaan dit nou doen.”

Ek moet egter volhou daarmee, want as jy aanhou verbeter, voel jy nog veiliger en meer selfversekerd.
Rafael Nadal

Nadal het met die titel in Rome hom aangesluit by Djokovic, wat ook al 36 van die ATP se Meesters-1000-trofeë gewen het.

Dit het egter nie altyd voor die wind in Rome gegaan nie.

Nadal moes onder meer in die derde ronde twee wedstrydpunte teen Kanada se Denis Shapovalov afweer.

“Ek wou bitter graag hierdie tiende titel hier wen. Dit was een van die eerste vername titels wat ek in my loopbaan gewen het.

“Nadat ek tien op Roland Garros, tien in Monte Carlo en tien in Barcelona gewen het, wou ek rêrig ook die een hê.

“Ek het heelwat dinge gedurende die week deurgemaak. Sommige positief, ’n klompie groot oomblikke, ’n paar gelukkige oomblikke en ’n keer of wat swaar getrek. Aan die einde dink ek het ek ’n baie stewige week van tennis gespeel. Dit was die regte tyd om ’n vername titel te wen.” – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Rafael Nadal  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.