Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa leer breedsprakige Yank les op klei

Nadat die Amerikaner Mackenzie McDonald in verlede jaar se Franse Ope ’n sening in sy regterdy geskeur het, kon hy vir twee maande nie loop nie. Hy het alleen by sy huis gesit en gekyk hoe die hande van die horlosie teen ’n slakkepas beweeg.

In ’n stadium het hy selfs begin wonder of hy ooit weer op ’n tennisbaan sou kom.

Daar was nie eens ’n druppel sweet op Rafael Nadal se voorkop nadat hy die Amerikaner Mackenzie McDonald Woensdag by Roland Garros oorrompel het nie. Foto: AP

Die afgelope paar dae was die 25-jarige Kaliforniër nie net terug op die baan nie, maar het hy sy eerste wedstryd van die Franse Ope gewen, en ná alles waardeur hy die laaste 15 maande is, werklik geglo hy kan enigiets te bowe kom.

Selfs die Koning van Klei, Rafael Nadal, in die tweede ronde van die Franse Slam.

Net jammer Nadal het nie die boodskap gekry nie . . .

McDonald het Woensdag op Roland Garros se Philippe Chatrier-baan ’n behoorlike tennisles gekry by Nadal, wat hom binne minder as twee uur met 6-1, 6-0, 6-3 oorrompel het. Die jong Amerikaner het skaars tyd gehad om asem te skep voordat Nadal hom begin rondjaag het en ná meer as ’n uur eers enige weerstand gebied.

Teen daardie tyd was dit heeltemal te laat, met Nadal wat lankal reeds bloed geruik het. Vir McDonald was dit ’n wrede herinnering dat goeie ou Amerikaanse arrogansie in die mediakamer – die soort wat hom Maandag laat sê het “ek speel my beste kleibaan-tennis nóg en hy het die jaar min gespeel, so ek moet dink ek kan hom klop” – geen hulp is wanneer ’n bal van die Nadal-handrug af teen die spoed van ’n sneltrein verby jou swiep nie.

Mackenzie McDonald moes op die harde manier leer dat Rafael Nadal op rooi klei in ’n ander klas as elke ander sterfling is. Foto: Getty Images

Soos McDonald heeltemal tereg opgemerk het, het Nadal vanjaar baie minder tennis as gewoonlik gespeel. Maar wat die jong Yank en talle ander mense uit die oog verloor het, is dat dit die Spaanse matador meer ure op die oefenbaan gegee het. En daarvan het Nadal duidelik die meeste gemaak.

Daar was nie ’n vraag wat McDonald kon vra wat Nadal nie kon beantwoord nie. Hy, onthou, is ’n man wat nog net twee wedstryde op Roland Garros verloor het – in 15 jaar! Wie se naam ’n ongeëwenaarde 12 keer op die Musketierstrofee pronk. Wat nie in sy eie, of enige ander, generasie sy gelyke op klei het nie.

Nadal het sonder om veel te sweet 31 wenhoue (teenoor net 15 ongedwonge foute) afgevuur en sewe van ’n moontlike agt breekpunte benut.

UITSLAE

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.