SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa pak Italianer in halfeindronde
Rafael Nadal sê sy voorarm, waarvoor hy Woensdag mediese behandeling ontvang het, is piekfyn. Foto: Getty Images

Rafael Nadal kom te staan teen Matteo Berrettini van Italië in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope nadat die Spanjaard Woensdag die 20ste gekeurde Argentyn Diego Schwartzman met 6-4, 7-5, 6-2 geklop het.

Nadal (tweede), wenner van 18 Grand Slam-titels, het in 2010, 2013 en 2017 by Flushing Meadows koning gekraai. Dit was sy agtste sege in agt kragmetings teen Schwartzman.

“Skoonstelle maar groot uitdagings, veral in die eerste twee stelle, ek weet hoe goed hy is wanneer hy met selfvertroue speel,” sê Nadal.

“Ek is baie tevrede met die wyse waarop ek die uitdaging aanvaar het en aangehou baklei het, punt vir punt.

Hier is ek in die halfeindronde. Ek is baie gelukkig, dit beteken alles.”

Nadal het nie ’n groot bohaai gemaak oor die kommer oor sy voorarm nie, waarvoor hy vroeg in die derde stel mediese behandeling ontvang het.

“Fisiek is ek piekfyn. Dit was ’n baie warm vandag. Ek is ’n speler wat ’n bietjie sweet, maar soms in hierdie toestande raak dit taai.”

Berrettini (24ste) is sedert Corrado Barazzutti in 1977 die eerste Italiaanse manstennisspeler wat tot in die halfeindronde in New York gevorder het.

Hy het drie uur 57 minute en vyf stelle nodig gehad om die Fransman Gaël Monfils (13de) met 3-6, 6-3, 6-2, 3-6, 7-6 (7/5) te troef.

“Wat ’n goeie stryd,” sê die 23-jarige boorling van Rome.

“Dit was dalk een van die beste kragmetings wat ek nóg gesien het – ek het gespeel maar ek het ook gekyk.

“Ek is verheug, ek weet nie wat om te sê nie.”

Die Bulgaar Grigor Dimitrov, 78ste op die wêreldranglys, en die Rus Daniil Medvedev (vyfde) speel in die ander wedstryd vir ’n plek in Sondag se eindstryd.

* In die vroueloting het die Kanadees Bianca Andreescu die eerste tiener in ’n dekade geword wat die halfeindronde van die VSA-Ope gehaal het.

Die 19-jarige Andreescu het die Belg Elise Mertens met 3-6, 6-2, 6-3 uitoorlê vir ’n plek in die halfeindstryd teen Belinda Bencic van Switserland.

“Ek is eerlikwaar spraakloos,” sê sy. “Ek het iemand nodig om my te knyp. Is dit werklik?”

Serena Williams pak Elina Svitolina (vyfde) van die Oekraïne in Donderdag se ander halfeindstryd.

Bencic en Andreescu het nog nooit voorheen kragte gemeet nie en wie ook al van hulle seëvier, sal haar eerste Grand Slam-eindstryd haal.

– Sportredaksie

Meer oor:  Flushing Meadows  |  Tennis  |  New York  |  Rafael Nadal  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.