Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa ‘sal moet kies tussen Grand Slams’

Rafael Nadal gaan straks moet kies of hy vanjaar in die Amerikaanse of Franse Ope wil speel.

Só sê dié Spanjaard se oom en gewese afrigter, Toni Nadal.

Rafael Nadal ná sy 12de titel verlede jaar op Roland Garros. Dit sal baie gevra wees om sy titel daar vanjaar te verdedig as hy ook in die voorafgaande Amerikaanse Ope in aksie gaan wees. Foto: Getty Images

Die 34-jarige Nadal het verlede jaar albei dié Grand Slam-toernooie gewen.

Sy sege in Parys was sy 12de op Roland Garros en dit sal daarom nie verbaas as die Koning van Klei dalk eerder besluit om slegs in die Franse Ope te speel nie.

Toni het Rafa van kleintyd tot onlangs toe nog afgerig, en is die nou direkteur van die wêreld se nr. 2-speler se tennis-akademie in Majorka.

Volgens hom is Rafa baie bekommerd oor wat dit fisiek van hom gaan verg om albei dié titels nou – binne die bestek van slegs ’n paar weke – te moet verdedig.

Ek dink dis ’n bietjie lelik wat die ATP gedoen het. Die besluit is heeltemal teen spelers soos Rafa and Novak (Djokovic).
Toni Nadal

Die Amerikaanse Ope eindig op 13 September en die Franse Ope begin op 27 September.

“Ek het met Rafa gepraat en hy twyfel in watter toernooi om te speel,” het Toni aan ESPN Deportes gesê.

“Die program is nie realisties nie, veral vir veteraan-spelers wat nie vir soveel weke agtereenvolgens kan meeding nie.

“Ek dink dis ’n bietjie lelik wat die ATP gedoen het. Die besluit is heeltemal teen spelers soos Rafa and Novak (Djokovic).

“Ek is verbaas daaroor ná alles wat hulle vir tennis oor die jare gedoen het. Ek dink dis belangrik om iets te noem van die kalender, omdat dit nie haalbaar is om soveel toernooie in so ’n kort tyd in te pas nie.

Rafa verdedig nie net sy twee titels nie, maar ook 2 000 ranglyspunte. – TeamTalk, Sportredaksie.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Rafael Nadal  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.