Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa se rug hou hom weer buite aksie

Rafa Nadal, tweede op die wêreldranglys, het hom weens ’n rugbesering aan volgende week se Rotterdam-ope onttrek.

Rafa Nadal is 34-jaar oud. Foto: Getty Images

Die Spaanse wenner van 20 Grand Slam-titels sukkel met rugprobleme sedert die opbou tot die Australiese Ope en was genoop om Spanje se ATP-bekerveldtog vroeër vandeesmaand mis te loop.

“Dit is met groot hartseer dat ek aan Rotterdam moet onttrek,” sê Nadal in ’n verklaring.

“Soos die meeste van my aanhangers weet, het ek aan rugprobleme in Australië gely wat in Adelaide begin het en in Melbourne voortgeduur het. Ons het ’n tydelike oplossing gevind wat my toegelaat het om sonder pyn in die tweede week van die toernooi te speel. Terug in Spanje het ek my dokter besoek en saam met my span is ek aanbeveel om nie volgende week mee te ding nie.”

Nadal het sedert 2009 nog nie weer in Rotterdam gespeel nie en die Rus Daniil Medvedev, derde op die ranglys, sal hom as die eerste gekeurde by die toernooi vervang. Die byeenkoms word van 1 tot 7 Maart beslis.

Ondanks sy besering het Nadal nie ’n stel by die Aussie-ope verloor nie tot en met die kwarteindronde, toe die Griek Stefanos Tsitsipas ’n agterstand van twee stelle uitgewis het om Nadal te klop. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Rafa Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.