Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa 'skort respek’, Novak het ‘obsessie’

Nick Kyrgios beskryf Rafael Nadal as ’n swak verloorder, die Spanjaard se oom Toni as ’n “idioot” en sê Novak Djokovic het ’n “siek obsessie” daarmee dat mense van hom moet hou.

Nick Kyrgios verstom sommiges met sy tennistalent, maar vervreem baie met sy omstrede houding. Foto: Getty Images

Die omstrede Aussie-tennisspeler het verskeie ander topspelers en toeskouers wat hom in wedstryde tart in die joernalis Ben Rothenberg se poduitsending “No Challenges Remaining” gekritiseer.

Kyrgios (24) het ’n gespanne verhouding met Nadal. Die Spanjaard het hom daarvan beskuldig het dat hy “respek skort vir die publiek, sy teenstanders en homself” toe die Aussie hom in Maart by die Mexikaanse Ope geklop het.

Kyrgios, 36ste op die wêreldranglys, het die Franse Ope-kampioen beskryf as super salty – sleng vir iemand wat aggressief is of ’n swak sin vir humor het – en sê hy het net grasie as hy wen.

“As hy wen, is sake piekfyn. Hy sal niks sleg sê nie en sy teenstander krediet gee. Maar sodra ek hom klop, is dit: ‘Hy het geen respek vir my, my aanhangers en die spel nie’,” sê Kyrgios.

“Ek voel dit is nie ’n goeie indruk wat jy skep nie. En toe kom sê oom Toni oor my, ‘hy skort ’n opvoeding’. Ek is soos: ‘Bra, ek was 12 jaar lank op skool, jou idioot. Ek is baie opgevoed. Ek verstaan jy is ontsteld dat ek jou familielid weer geklop het’.”

Hy skuif dan sy visier na die wêreld se voorste speler en sê Djokovic is ’n “ongelooflike speler” en ’n “kampioen van die sport”, maar dat die Serwiër te desperaat is om bewonder te word en gewild te wees soos sy Switserse teenstander Roger Federer.

“Ek voel net hy het ’n siek obsessie daarmee dat mense van hom moet hou,” sê Kyrgios.

“Vir my persoonlik? Ek gee nie nou om nie, ek het tot hier gekom. Ek voel sy behoefte is so groot dat ek hom net nie kan verdra nie. Die wyse waarop hy ná afloop van wedstryde sy oorwinnings vier, laat my ineenkrimp.”

Kyrgios gee spesiale aandag aan die Spaanse veteraan Fernando Verdasco en sê hy is “die arrogantste persoon ooit”.

Hy is gawer oor die driemalige Grand Slam-kampioen Andy Murray, maar sê ook die Brit se wenrekord teen Djokovic – 11-25 in wedstryde en 2-5 in Grand Slam-eindstryde – is ’n “verleentheid”.

Hy vra glad nie om verskoning daarvoor om na toeskouers te kap wat hom in wedstryde tart nie.

“Daardie mense betoon geen respek aan my nie. Geen,” sê hy.

“So waarom sal ek aan jou respek betoon? Ek gee nie om of jy vir kaartjies betaal het nie, julle mense behandel my in elk geval soos ***.”

Kyrgios hoop om vir die eerste keer verby die kwarteindronde van Grand Slam-toernooi te vorder wanneer die Franse Ope op 26 Mei begin.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp  |  Nick Kyrgios  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.