Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa spook om Fransman in China te klop
Rafael NadalFoto: Getty Images

Die Franse tennisspeler Lucas Pouille het Dinsdag in sy wedstryd in die eerste ronde in die Chinese Ope in Beijing teen Rafael Nadal so byna vir ’n groot opskudding gesorg.

Nadal moes twee wedstrydpunte in die tweede stel afweer om met 4-6, 7-6(6), 7-5 te wen.

Die vorige keer toe dié twee kragte gemeet het, was verlede jaar in die Amerikaanse Ope toe Pouille aan die wenkant was.

Sedertdien het Nadal egter twee Grand Slam-toernooie gewen en is hy weer die wêreld se nr.1-speler.

In nog ’n wedstryd het Juan Martin del Potro met 7-6(4) en 6-4 teen Pablo Cuevas gewen.

Del Potro sal nou in die tweede ronde teen Grigor Dimitrov, wat Damir Dzumhur uitgeskakel het, speel.

Die sesde gekeurde John Isner het sy wedstryd teen Malek Jaziri van Tunisië op ’n drafstap met 6-2 en 6-3 gewen. – Reuters

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Beijing  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.