Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa toon staal; Lloyd, Maria misluk
Rafael Nadal, die toonbeeld van intensiteit. Foto: Getty Images

Rafael Nadal, die wêreld se voorste tennisspeler, het Dinsdag in Melbourne in die Australiese Ope slegs vyf potte verloor in ’n eensydige vernietiging van Hugo Dellien.

AusOpen.com berig die Spanjaard het in minder as twee uur met die Boliviaan afgereken en die kragmeting in die eerste ronde met 6-2, 6-3, 6-0 gewen.

Nadal (33), die eerste man om in drie verskillende dekades boaan die wêreldranglys te pronk, poog om Roger Federer se rekord van 20 Grand Slam-titels te ewenaar. Hy sal daarmee ook die eerste man word in die Ope-era om al vier majors minstens op twee verskillende geleenthede te wen.

* Die belowende Suid-Afrikaner Lloyd Harris se toernooi het vroeg tot ’n einde gekom toe hy Dinsdag deur die 14de gekeurde Argentyn Diego Schwartzman uitgeboender is.

Hoewel die 22-jarige Harris meer wenhoue (23) as sy teenstander (20) gemoker het, was sy 47 ongedwonge foute deurslaggewend in sy nederlaag met 6-4, 6-2, 6-2.

Die kragmeting was aanvanklik geskeduleer om Maandag plaas te vind, maar is uitgestel weens aanhoudende reën op Melbourne Park.

Harris het ’n uitstekende begin van die jaar gemaak nadat hy verlede week die eindstryd van die ATP-toernooi in Adelaide gehaal het en Maandag tot die 72ste plek op die wêreldranglys, die hoogste in sy loopbaan, geskuif het.

Lloyd Harris se goeie begin aan 2019 verloor nie sy glans weens sy nederlaag Dinsdag nie. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se ander verteenwoordiger in die enkelspel, Kevin Anderson, speel later Dinsdag teen die Belarus Ilya Ivashka.

* In die vroueloting het die voormalige kampioen Maria Sharapova die knie met 6-3, 6-4 teen die Kroaat Donna Vekic gebuig.

Die 32-jarige Rus het duidelik steeds las gehad van die beseerde skouer wat haar beperk het tot een mededingende toernooi sedert haar nederlaag in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope verlede jaar.

Sharapova is as ’n promotorskeuse uitgenooi na Melbourne, waar sy die titel in 2008 beklink het.

Maria Sharapova sukkel om haar beste spelpeil te vind. Foto: Getty Images

Die wenner van vyf Grand Slam-krone sukkel erg met haar fiksheid en spelpeil sedert haar terugkeer van ’n skorsing van 15 maande weens die gebruik van die verbode middel meldonium.

Sharapova het nou in die eerste ronde van drie agtereenvolgende Grand Slam-toernooie verloor.

Karolina Pliskova, tweede op die wêreldranglys, het haar wedstryd teen Kristina Mladenovic van Frankryk met 6-1, 7-5.

Die 27-jarige Tsjeg is op soek na haar eerste major-titel.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Maria Sharapova  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.