Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa verkeerd oor sy ‘obsessie’, sê Novak

Novak Djokovic sê hy respekteer Rafael Nadal “meer as enige ander tennisspeler”, maar hy stem nie saam met die Spanjaard se onlangse uitlatings oor hom nie.

Novak Djokovic sê Rafael Nadal is verkeerd om te sê hy is ‘obsessief’ oor rekords. Foto: Getty Images

Nadal het in die aanloop tot die Barcelona-ope beweer die wêreldnommereen het ’n “obsessie” om rekords te verbeter terwyl hyself oor die algemeen tevrede is met alles wat hy bereik het.

Djokovic, wat vandeesweek in die Serwiese Ope in Belgrade in aksie is, sê egter Nadal verkeer onder die verkeerde indruk.

“Dit gaan alles oor persepsie en interpretasie van wat iemand sê,” sê Djokivic toe hy gevra is of hy dink sy motivering is anders as Nadal s’n.

“Ek respekteer Rafa, waarskynlik meer as enige ander speler in die wêreld; hy is die grootste teenstander wat ek in my lewe gehad het.

“Alles wat hy vermag het, sy toegewydheid aan tennis en die wyse waarop hy oefen en voorberei, daardie eienskappe van hom verdien om bewonder te word.

“Hy weet wat hom motiveer, ek kan dit nie bespreek nie.

“Ek het al baie voorheen gesê my liefde vir die sport is my grootste motivering en hoekom ek aanhou beroepstennis speel.

“Ek bedoel, ouens, as ek nie mal was oor die mededinging nie sou daar geen ander rede vir my gewees het om deel te neem nie, dan is daar geen druk hoegenaamd nie.

“Ek hou aan speel want ek het steeds die begeerte om te wen en ek geniet steeds die ondersteuning van diegene naaste aan my. Ek sal aanhou vir so lank as wat dit die geval is.”

Maar die vraag bly staan: Glo Djokovic dat Nadal reg is wanneer hy sê eersgenoemde het ’n “obsessie” om rekords te verbeter?

“Ek kan nie namens hom (Nadal) praat nie, ek weet nie hoe hy dink nie, maar dit is sy reg om sy menings te lug.

“Ek voel persoonlik nie dat ek ’n obsessie het met enigiets in die lewe nie. Ek voel passie en ’n groot begeerte. Ek is daarop uit om my doelwitte te bereik en ek het nog nooit ’n probleem gehad om dit in die openbaar te bespreek nie.

“Dalk is daar mense wat dinge sê en dan nie daarby kan hou nie. Maar dit was nog nooit vir my moeilik om te sê: ‘Ek wil daardie rekord verbeter of ’n sekere doelwit bereik nie.’

“Ek weet nie hoekom dit ’n slegte ding sou wees nie, nie net vir rekords nie, maar wat enigiets betref, soos byvoorbeeld politiek in tennis.

“Ek het sedert ek ’n jong speler was nog nooit gehuiwer om my doelwitte te bespreek nie. Ek wou wêreldnommereen wees en Grand Slam-titels wen.

“Uiteraard word jou doelwitte meer. Wanneer jy een bereik, verskyn die volgende een. Dit is my pad en dit is uniek, net soos Rafa s’n.”

tennishead

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Rafa Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.