Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa warm teen Thiem op vir Aussie-ope

Dominic Thiem teen Rafael Nadal en ’n kragmeting tussen die twee voorste vrouespelers ter wêreld, Ash Barty en Simona Halep.

Dominic Thiem speel Vrydag in ’n vertoontoernooi teen Rafa Nadal. Foto: Getty Images

Dít is die twee groot hoogtepunte van die vertoontoernooi Vrydag in Adelaide waar ’n handvol van die groot aanspraakmakers by die komende Australiese Ope gaan litte losmaak.

Die wedstryde in Adelaide bestaan uit twee valbylpotte. As die spelers elk een gewen het, sal ’n wedstrydvalbylpot die wenner bepaal.

Thiem van Oostenryk het Nadal van Spanje twee keer verlede jaar – in die Aussie-ope en toe in die jaareindtoernooi in Londen – geklop.

Die voorste manspeler ter wêreld, Novak Djokovic van Serwië, speel volgens adelaideinternational.com.au in die eerste wedstryd van die dagsessie teen die jong Jannik Sinner van Italië.

Naomi Osaka van Japan speel daarna teen Serena Williams van Amerika.

Thiem-hulle speel in die eerste aandwedstryd waarna Barty van Australië en Roemenië se Halep in die hoofwedstryd slaags is.

Venus Williams van Amerika en Irina-Camelia Begu van Roemenië sal in ’n bonuswedstryd tussen die dag- en aandsessie ’n enkele valbylpot speel. – Sportredaksie

Meer oor:  Simona Halep  |  Tennis  |  Ash Barty  |  Dominic Thiem  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.