Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafa wíl Spele toe, maar lugtig vir Covid-19

Hoewel hy bitter graag aan vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio wil deelneem, het die Spaanse tennisster Rafa Nadal toegegee dat hy bekommerd is oor die uitbreek van die Covid-19-virus in Japan.

Rafa Nadal Donderdag in aksie by die Mexikaanse Ope in Acapulco. Foto: Getty Images

Nadal sal Spanje na verwagting in die enkel- én dubbelspel verteenwoordig. In ’n poging om solank sy dubbelsvaardighede op te skerp het hy ’n promotorskeuse aanvaar om saam met Novak Djokovic dubbels te speel by die komende Indian Wells-toernooi in Amerika.

Met al meer gevalle van Covid-19 wat wêreldwyd aangemeld word en talle sportbyeenkomste wat as gevolg daarvan reeds in die slag gebly het, is daar toenemend kommer oor hoe die Olimpiese Spele daardeur geraak gaan word.

“Ek hoop dit kan in bedwang gebring word en dat ’n teenmiddel daarvoor gevind word, sodat hierdie onsekerheid en vrees-psigose beëindig kan word. Dís die belangrikste ding, nie net vir die Olimpiese Spele nie, maar vir die mensdom,” het Nadal aan verslaggewers by die Mexikaanse Ope in Acapulco, waar hy vandeesweek in aksie is, gesê.

Nadal het ook weer verduidelik waarom hy so graag Spele toe sal wil gaan.

“Die Olimpiese Spele is een van die spesiaalste byeenkomste in die wêreld. Dis ’n unieke ervaring om daar te wees en ek beskou dit as een van die moeilikste toernooie om te wen, want jy kry dalk net twee of drie kanse in jou loopbaan om daaraan deel te neem.”

Hoewel Dick Pound, ’n senior lid van die Internasionale Olimpiese Komitee, vroeër dié week gesê het daar is ’n kans dat vanjaar se Spele afgestel sal word, het die Spele-reëlingskomitee dié vrese intussen probeer besweer.

“Ons is van mening dat die Olimpiese en Paralimpiese Spele sal voortgaan. Uiteraard is dit moeilik om te voorspel hoe die koronavirus-situasie hom gaan uitspeel, maar ons sal maatreëls tref wat verseker dat ons ’n veilige Olimpiese en Paralimpiese Spele aanbied,” sê Tosjiro Moeto, uitvoerende hoof van die Tokio-reëlingskomitee.

– TeamTalk

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Rafael Nadal  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.