Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafael Nadal glo hy is Covid-19-vry

Rafael Nadal sê hy is nie bekommerd daaroor dat hy dalk Covid-19 opgedoen het nadat hy saam met Daniil Medvedev geoefen het nie.

Rafael Nadal slaan Woensdag af in sy wedstryd teen Federico Delbonis in die Monte Carlo-meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Die Rus was die tweede gekeurde in die Monte Carlo-meesterstoernooi, maar moes hom Dinsdag onttrek nadat hy positief getoets is vir die koronavirus.

Medvedev, wat in Monte Carlo woon, is nou in selfkwarantyn.

Nadal en Medvedev het Maandag saam geoefen, maar die Spanjaard sê hy was nie naby die Rus nie.

“Ek was nie nader as 4 m aan hom nie, net ’n sekonde teen die einde om dankie te sê. Maar natuurlik kan enigiets gebeur,” sê Nadal. “Ek voel jammer vir hom.”

Nadal, die derde gekeurde, het Woensdag glad nie verroes gelyk nadat hy lanklaas gespeel het nie. Hy het Federico Delbonis van Argentinië met 6-1, 6-2 afgeransel.

Die 34-jarige Spaanse kleikoning mik na ’n rekord- 12de titel in Monte Carlo – een van sy gunstelingbane.

Sy volgende kragmeting is Donderdag met Grigor Dimitrov, die 14de gekeurde, wat hy al 13 keer in 14 ontmoetings geklop het.

“Hy is ’n goeie vriend, ’n skitterende speler. Dit gaan taai wees.”

Nadal glo hy is fisiek en geestelik weer gereed vir aksie en dat die rugprobleme wat hom in die Australiese Ope gepla het, iets van die verlede is.

Novak Djokovic, die eerste gekeurde, kom Donderdag teen die ongekeurde Daniel Evans van Brittanje te staan. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Daniil Medvedev  |  Covid-19  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.