Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Rafael Nadal haak af in Spanje

Die tennislegende Rafael Nadal (33) en sy meisie van 14 jaar, Xisca Perelló (31), is die naweek op die Spaanse eiland Mallorca getroud.

ATPTour.com berig die koning en koningin van Spanje, Juan Carlos en Sofia, was onder die bekendes wat die bruilof bygewoon het.

Die uiters private seremonie is in die La Fortaleza-fort gehou en die ongeveer 350 gaste kon slegs deur hul motorvensters gesien word soos wat hulle by die fort aangekom het.

Twee van Nadal se bekende ooms, sy voormalige afrigter van baie jare, Toni, en Miguel Ángel, voormalige sokkerspeler van Barcelona en die Spaanse nasionale span, het glo saam met ’n groter groep vanaf Nadal se tennisakademie in sy geboortedorp, Manacor, na die verrigtinge gereis.

Ander Spaanse tennissterre soos Feliciano Lopez, David Ferrer en Juan Monaco was ook daar, so ook die Switserse horlosiemaker Richard Mille, die sanger Enrique Iglesias, die NBA-ster Pau Gasol en sokkerlegende Iker Casillas.

Nadal het ’n foto van die toneel gedeel voordat die seremonie later sou begin.

View this post on Instagram

??

A post shared by Rafa Nadal (@rafaelnadal) on

Die bekende ontwerper Rosa Clara het op sosiale media bevestig dat sy vir Perelló se trourok verantwoordelik is en dit as ’n “haute couture-ontwerp met voortreflike skoon lyne” beskryf.

View this post on Instagram

An overwhelming wedding day for all of us! We feel incredibly proud for taking part in such an important day - Mery Perelló and Rafa Nadal's wedding. We would like to congratulate the gorgeous and unique couple, we wish you the best forever! Rosa Clará is the designer of Mery Perelló's wedding dress, an exquisitely clean-lined haute couture design. The bodice, with jewel neckline and long sleeves, was made of beautiful Art Deco-inspired French lace with delicate patterning, flower motifs and microbeading on the meticulously hand-embroidered fabric. The ballgown-style skirt, made of silk crepe, featured a weightless detachable train, created in Rosa Clara's Atelier. The whole process was full of emotions between all of us. We just want to thank the whole family for trusting in us, you’re extraordinary. ___ ¡Hoy es un día muy emocionante para todos nosotros! Nos sentimos enormemente orgullosos por haber formado parte en un día tan especial - la boda de Mery Perelló y Rafa Nadal. Nos encantaría felicitar a la pareja por su matrimonio, ¡los mejores deseos! Rosa Clará es la diseñadora del vestido que lucía Mery Perelló, ¡estaba espectacular! Un elegante y sofisticado diseño de alta costura, de líneas puras y delicadas. El cuerpo, de escote caja y manga larga, está realizado en encaje francés, inspirado en el movimiento artístico Art Déco, compuesto por motivos gráficos y florales. Está bordado a mano, de manera meticulosa con micropedrería incrustada en el dibujo. La falda, de línea evasé, confeccionada en crepe de seda natural, incorpora una ligera sobrecola extraíble. El vestido ha sido elaborado en el Atelier de Rosa Clará con un trabajo de excepcional técnica y artesanía, y muchísimas emociones entre todos nosotros. Queremos agradecer a toda la familia por haber confiado en nosotros, ¡sois extraordinarios! __ #RosaClara #RosaClaraCouture #RafaNadal #Wedding #BridalFashion #RealBride

A post shared by Rosa Clará (@rosa_clara) on

Nadal is die wenner van 19 Grand Slam-titels, slegs een minder as sy grootste teenstander, die 38-jarige Switser Roger Federer.

Hy het in totaal 85 enkelspeltitels verower, op vier die meeste in die geskiedenis van die spel, en het gesamentlik 196 weke boaan die wêreldranglys deurgebring.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Xisca Perelló  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.