Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Raven-hulle haal halfeindronde
Raven KlaasenFoto: Getty Images

Suid-Afrika se Raven Klaasen en Oliver Marach van Oostenryk het Donderdag die dubbelspel-halfeindronde van die Dubai-tenniskampioenskap gehaal.

Die vierde gekeurde paar het Wesley Koolhof van Nederland en Nikola Mektic van Kroasië met 7-5, 6-4 geklop.

Hulle speel volgens atptour.com volgende teen die kwalifiseerders Henri Kontinen (Fin) en Jan-Lennard Struff (Duits) of Matthew Ebden (Brit) en Leander Paes (Ind), wat as promotorskeuse deelneem.

Klaasen-hulle is die hoogste gekeurdes steeds staande in die toernooi.

Klaasen se voormalige dubbelspelmaat Michael Venus van Nieu-Seeland en John Peers van Australië het ook die halfeindronde gehaal nadat hulle die eerste gekeurde

Rajeev Ram van Amerika en die Brit Joe Salisbury uitgeskakel het. – Sportredaksie

Meer oor:  Raven Klaasen  |  Dubai  |  Tennis  |  Halfeindronde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.